How to make Krummelpap
KRUMMELPAP
(4-6 porsies)
500ml water (2 koppies)
5ml sout (1 teelepel)
750ml TRADISIONELE BRAAIPAP (3 koppies ) (480g)
• Gebruik ‘n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt.
• Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by, plaas deksel op en prut vir 15-20 minute. Roer met ‘n vurk tot pap krummels gevorm het. Prut vir 20-30 minute.
• Roer ‘n paar keer.
• Wanneer ons egter vir ons krummelpap maak, dan kook ons dit vir baie langer as wat hulle hier bo voorstel. Ons glo die krummelpap moet stadig en baie lank prut.
• Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel ‘n velletjie gevorm het – dis belangrik om nie te vroeg te roer nie. Hoe lank jy die pap ná die roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Ek vind dat 20 min. op ‘n medium-lae gasvlam genoeg is, maar smaak verskil en elke ekspert het sy manier.