Wors-en-Niertjie Potjie

50 ml olie
25 ml botter
3 groot uie (gekap)
12 lamsniertjies ( middeldeur gesny, vliese en kerns verwyder)
50 ml koekmeelblom
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
12.5 ml tamatiepasta
200 ml hoenderaftreksel
50 ml droë wit wyn
8 varkworsies middeldeur gesny
200 g sampieone
50 ml brandewyn
12.5 ml gekapte pietersielie

• Plaas olie en botter in driepootpot en verhit oor warm kole.
• Voeg gekapte uie by en roer vir 3 minute.
• Rol niertjies in ‘n mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by die uie in die pot.
• Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer.
• Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een maal om en dien op.