Volstruispatrollies by Kaappunt tydens grendeltyd

Tafelberg Nasionale Park het onlangs ‘n volstruis in Kaappunt raakgeloop wat die strate patrolleer vir enige misdadigers. Die vlieglose voël is ook die grootste ter wêreld en ‘n voël vir wie jy maar versigtig moet wees.

Hulle kan dalk nie vlieg nie, maar het die vermoë  om vrek vinnig te hardloop. Volstruise is glo die vinnigste hardloper van enige voëlsoorte en kan  tot 70 km / uur sonder moeite hardloop.

Hierdie reus is ook die enigste voël wat twee tone het. Hulle het ‘n heftige skop en veg met hul voete, wat ook ‘n buitengewone skerp naels het wat ‘n afskuwelike wond kan veroorsaak.

Terwyl ons almal tydens grendeltyd  by die huis moet sit, kan die lede van die Tafelberg Nasionale Park jou die versekering gee dat hul ere-patrollielid sake goed onder beheer het.