VARKTJOPS
1 5

VARKTJOPS

CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS
8 Varktjops
¼ Kop Chutney / Blatjang
2 Eetl Heuning
1 Teel Mosterdpoeier
1Teel Geelsout / Aromat
¼ Teel Kerriepoeier
Sout die varktjops
Meng alle bestandele
Skep ¼ kop van die sous oor die varktjops en bak ¼ uur draai om die tjops en gooi ander sous oor die anderkant van die tjops.
Bak ½ uur lank tot mooi bruin.

GEBAKTE VARKTJOPS MET HEUNING MOSTERD:
15ml sonneblomolie 8 varktjops
125ml mayonnaise 40ml heuning
15ml aangemaakte Engelse mosterd 125ml hoenderaftreksel
10ml mosterdsade
Verhit die olie in ‘n pan. Verbruin die tjops aan albei kante en sit dit dan in ‘n oondkastrol.
Meng die mayonnaise, heuning, mosterd en hoenderaftreksel tot glad.
Gooi dit oor die tjops en maak seker dat dit goed bedek is met die sous.
Strooi mosterdsade oor en bak vir 30 minute in ‘n voorverhitte oond, of tot gaar maar nog sag.
Sit warm voor.

FEESTELIKE VARKTJOPS
Rol 6 varktjops in meel
Braai in vlak olie tot bruin
Pak in oonbak en skep ingelegte klein perskes bo-op
2 Eetl stroop ook oor.
Meng orige stroop met 1 x 250 ml boksie appelkoossap met 1 pakkie bruin uie soppoeier
en giet oor vleis en perskes.
1½ uur tot 2 uur gebak in oond by 180 grade celcius tot goud bruin

GEBAKTE VARKTJOPS
30ml olyfolie
2 knoffelhuisies
5ml gedroogde of 10ml vars tiemie
70ml appelsap
10ml appelasyn
4-6 vark-lendetjops ( vet afgesny ) of keep vet in met ‘n mes
8 roma of kersietamaties, gehalveer
Meng die olyfolie, knoffel, tiemie en die helfte van die appelasyn/sap mengsel.
Gooi oor die tjops en laat marineer vir 10-15 minute.
Skep in ‘n oondvaste skottel en strooi die tamatiehelftes oor.
Drup die res van die asyn mengsel oor en bak in ‘n voorafverhitte oond van 180C vir 30 minute of tot die vleis deurgaar is.