Twee Belanrike Kamp wenke as jy deur Afrika gaan toer

Twee Belanrike Kamp wenke as jy deur Afrika gaan toer

Kamp wenke
Hou jou tent skoon wanneer jy kamp. Kampeer deur altyd ‘n grondseil onder die tent te gebruik. Dit hou jou tent skoon sodat die oppak maklik en vinnig is. Die grondseil kan ook tydens middagete gebruik word op pad na die volgende kampterrein.

Om die binnekant van jou tent skoon te hou, moet jy ‘n skoenbeleid in die tent hê. Maak net seker dat jy hulle inbring in die nag , anders sal hyena of jakkals met hulle wegloop.

Moenie kos in jou tent los nie. Dit kan die wildlewe lok en kan jou in ‘n gevaarlike situasie plaas. Hou eerder jou lekker bederf kos in die voertuig.

Die beste manier om nie deur goggas gebyt te word nie, is om jou tentdeur te alle tye toe te hou – selfs gedurende die dag. Die meeste tente kom met ‘n muskietnet binnekant van die deur en vensters, so op die warmer dae, sal jy meer as genoeg ventilasie hê. Dit hou ook die slange en wildlewe uit. Diere sien ‘n tent as ‘n soliede struktuur sodat jy veilig kan voel wanneer jy die nag gaan slaap.

Voorkom insekbyte
Die mees effektiewe metodes om nie gebyt te word nie, is om ‘n paar basiese strategieë saam te implementeer. Spuit onmiddellik na ‘n stort of bad. Moenie die blootgestelde areas (ore, enkels, hande, nek en gesig) vergeet nie. Dra ligte langmou-hemde en katoenbroeke in die nag. Hou altyd jou tent toe om te verhoed dat ‘n insek binnedring. Brand ‘n insekweerde kers in jou tent.

Daar is seker baie ander goeie kampwenke wat jy seker graag met ons wil deel.  Voltooi dit by faceboek kommentaar blokke hieronder.