Tien-minuut-poeding

1/3 k margarien
1/3 k appelkooskonfyt
1 t koeksoda
1 k meel
1 e asyn of droë wit wyn

Stroop
1 t gemaalde kaneel of gemmer
1 k suiker
3 k water
Langleweroom, vla of jogurt.

• Kook stroopbestanddele in ‘n kastrol wat minstens drie liter hou.
• Smelt margarien in ‘n ander kastrol, voeg konfyt by en meng koeksoda by mengsel in. Haal van hitte, voeg meel en asyn/wyn by.
• Dompel lepels vol van mengsel in stroop. Prut vir tien minute met deksel op totdat dit dik, bruin en taai is. Sit voor met room, vla of jogurt. – Wilna Rocher