Souskluitjies

5 eiers, geskei
5 el koekmeel
5 el suiker
5 k melk
Sout

• Verhit ±4 k melk tot kookpunt. Klits eiergele en meng met meel, suiker, sout en orige melk tot glad. Roer stadig by kook melk. Meng goed om klonte te voorkom.
• Verlaag hitte en klits eierwitte styf.
• Verwyder van hitte en vou eierwitte by deegmengsel in.
• Skep lepels vol in bak en voeg oor elke laag kaneelsuiker en klontjies botter tussenin.