Smelt in die mond biefstuk
2 5

Smelt in die mond biefstuk

Smelt in die mond biefstuk
700 g biefstuk in skywe gesny
25 ml kookolie
50 ml tamatiesous
25 ml maizena
250 ml koekmeel
1 blokkie biefgeur, gekrummel sout en peper na smaak
2 groot uie gekap 750 ml water
50 ml worcestersous
25 ml souspoeier (bisto of brono)
Metode:
Geur vleis met sout en peper en kap al die meel in die vleis in. (die kant van ‘n piering werk ook om te kap). Soteer uie in kookolie tot sag. Skep vleis + uie in lae in ‘n dieperige bak. Meng die res van die bestanddele deeglik en gooi bo-oor.
Sit deksel op en bak vir ± 3 ure by 150°