Skaapstertjies

Skaapstertjies  

Bedien 4 mense
1 kg skaapstertjies
50 ml olyfolie
sout en peper
koljander
2 suurlemoene
Pap
Sit oond op 200 grade.
Plaas stertjies in pot op stoof, bedek met water, kook tot sag.
Haal uit, sit in oondpan, sprinkel olie, sout, peper vars tiemie of roosmaryn oor, asook koljander.
Sny een suurlemoen in wiggies, sit dit ook in oondpan.
Bak vir ‘n halfuur oop in oond.
Haal uit, druk die orige suurlemoen uit oor stertjies.
Maak intussen mieliepap, vorm dit in balletjies, en doop die balletjies in die sous van die oondpan waarin die stertjies is.
Eet sommer vuit oondpan op tafel, sorg net dat dit ‘n mooi oondpan is!