Skaapskenkelpotjie

100 ml olie 2 kg skaapskenkels
‘n halwe groen soetrissie, gekap 1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus 6 swoerdlose spekrepe, gekap
2 middelslag tamaties, gekap 2 biefekstrakblokkies
sout en swartpeper na smaak 250 ml witwyn
250 ml kookwater 5 wortels, geskil, in skywe gesny
12 klein aartappeltjies, gewas 5 murgpampoentjies, in skywe
400 g sampioene.

• Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.)
• Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 minute.
• Voeg biefekstrak, geur- middels, witwyn en kookwater by en prut vir ‘n uur.
• Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.
• Wenk: Moenie potjie tydens gaarmaakproses roer nie. Sit voor met rys, koring of potbrood.