LekkeR sjokolade koppie poeding in 5 minute

Sjokolade koppie poeding

4 eetlepels koekmeel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kakao
Knippie sout
1 eier (geklits)
3 eetlepels melk
3 eetlepels olie
3 eetl sjokolade (of sommer blokkie sjokolade)
1/4 teelepel vanielje geursel
 
2 teekoppies van so 250ml inhoudsmaat

Stap1:
Skep nou die helfte van al die droë bestandele in elk van die tee koppies. Meng goed. Voeg die helfte van die eier by elk en meng ook goed.

Stap 2:
Voeg nou die helfte van die melk en olie by elkeen en meng goed.

Stap 3:
Voeg die blokkies sjokolade en vanielje by en meng goed.

Stap 4:
Plaas die 2 koppies saam in die mikrogolf – 3 minute @ 100% krag.

Stap 5:
Maak ligweg los en keer om op 2 bordjies. Jy kan lekker room bo-op skep of lekker vla.