Gradeer die plek

Sampioen Ontbyt Bakkie

GROOT bruin sampioene
Klein eiers
Repies spek – rek dit so lank as jy kan sonder om dit te breek
Speserye na smaak

• Neem groot bruin sampioene breek stingel dele af (pasop dat jy nie ‘n gat deur reg deur maak nie)
• Neem 4 repie spek en maak ‘n kruis vorm.
• Sit nou sampioen in die middel van die spek
• Neem ‘n eier en gooi stadig in sampioen holte.
• Gooi spesery na smaak op
• Vou nou die sampioen met eier toe met die spek.
• Braai in ‘n pan tot gaar.
– Liza van der Merwe