Rooibok potjie

1 kg rooibokvleis in blokkies gesny
4 geelwortels, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 g spekvleis, gekap
6 aartappels, in skywe gesny.
125 ml olie
2 uie, in skywe gesny
10 ml gekapte tiemie
500 ml port of droë rooiwyn

• Verhit olie in swartpot en soteer geelwortels, uie en knoffel totdat uie deurskynend is.
• Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel op.
• Voeg aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap.