Rooi Hoenderpotjie

Gebruik ‘n nomber 3 Potjie.
1 Kg hoender (Gemiddelde gewig van ‘n normale hoender).
Fyn Sout
Growwe Swart Peper
Koekmeel om stukkies in te rol.
Uie fyn gekap (2 middelslag)

Kook rys apart tot gaar.
Gemmer en Knoffel (Fyngemaak). (2 Teelepels). Polo Kwane handelmerk

Bestanddele vir die Sous
Tamatiesous (300ml) Koo Handelmerk
Blatjang (50ml) Wellington Handelmerk
Worchestersous (20ml) Mrs.Balls Handelmerk
Tabascosous (2ml)
Asyn (50ml)
Suiker (50ml)
Mostertpoeier (5ml)
Paprika (15ml) Robertson Handelmerk
Water (125ml)

• Voeg alles bymekaar is ‘n bottel (1 liter plasties Coke bottel) en meng goed deur die bottel te skud.

Stap 1. Maak jou pot warm en gooi jou botter (egte) by (20ml).
Stap 2. Braai die fyngekapte uie en Gemmer/Knoffel (2 teelepels) tot die geur uitkom.
Stap 3. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper.
Stap 4. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en voeg in die pot.
Stap 5. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute met die deksel oop. Gebruik ‘n houtlepel. (Die reuk sal jou nou al reeds honger maak. Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie.)
Stap 6. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Kyk gereeld na die pot vir 15 minute.
Stap 7. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. 10 klein Aartappels, 10 jong wortels, 10 klein tipe pampoentjies
Stap 11. Een pakkie “button” sampioene na smaak vir die laaste 45 minute
Stap 12. Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2 1/2 uur.
Stap 13. Kry vroulief om die aartappels te toets of dit gaar is en vra haar sommer na die sout inhoud. Die verskillende handelsmerke wat aangetoon word werk volgens my die beste om die smaak uit te bring.
Stap 14. Skep op en geniet die Rooi Hoender.