Roereiers en spek/worsies

Eie keuse van spek en/of dun worsies (2 kg spek of worsies vir 20 mense.
Indien albei: 1.5 kg van elk vir 20 mense). Braai in skottelskaar, skep uit en gebruik vetterige skottelskaar vir roereier.

Roosterbrood of vars brood – 2 snye per persoon.
30 eiers
1 liter melk
5 teeleps mostertpoeier
sout & peper

Meng alles saam vir roereier en roerbraai laaste in skottelskaar, bedien dadelik.