Raad vir die koue wat deurslaan van onder af deur ‘n “stretcher”?

Marieta Janse Van Rensburg:  Sit n paar blaaie koerant onder die stretcher

Andries Steyn  Klein-Peanut Stukende opblaas matras werk ook

Christa Joubert Barnard  Koerantpapier! Sit ‘n paar velle op die stretcher, dan ‘n lekker dik kombers. Maak bed bo-op dit. Sal nie koud kry nice!

Rina Botha Meyer  Ons het ‘n maandlank getoer en ek het net ‘n dun opblaasmatras en my slaapsak gehad. Ek het ‘n dun noodkombers gekoop vir R20 – net ‘n stuk foelie – en my slaapsak in ‘n feecy kombers gesit en NOOIT koud gekry in al die reën en ryp nie!

Corné Bester: Koop goedkoop grys komberse by PEP en slaap daarop. Sal nooit weer die koue van onderaf voel nie.

Judy Henning Rademan  Pak koerante onder die matras. Die koue sal uitbly.

Linda Groenewald  Gebruik bubblewrap soos n mat onder stretcher

Coralie du Toit Koop n stukkie polar fleece lap sit die onder.

Ghanie Macaskill:  Koerant en karton!!! As die boemies warm hou kan dit nie anders as om ons ook warm te hou nie! Ons gebruik dit as ons kamp!

Magda van Niekerk  Sit gym matjie onder stretcher of enige ou stukkende opblaas matras. Sit die ook in die deur van jou tent – keer dat vloer deurloop.

Martie Cloete Ras  gebruik een v d first aid foelie lakens e gooi die oor die stretcher en n kombers bo oor. Le daarop en dis baie lekker warm

Linda Visser  Ek vat gewoonlik winterslakens om oor die matrassie bo op die stretcher te trek, werk nogal lekker

Hendrik Smit: Jy kan ook koerant blaaie tusen stretcher en matrassie sit dit werk goed

Karin Theron  Kombers onder stretcher en onder jou slaapsak ook. Werk baie goed.

Heidi Kotze  Omdat ons dit reeds besit het, het ons die matrasse van ons plastiek lê-stoele langs swembad gebruik – het net ‘n wasbare sloop daarvoor gemaak om materiaal te beskerm Lkr sag en warm en noudat ons karavaan het is dit weer voltyds in diens by swembad!

Bernice Acker Groenewald  Koop vir jou die blou gym matras by sport afdeling so R49.00 werk soos n bom jy kry een met n silver foilie laag op hy werk die beste