Potjiekoskompetisie

Potjiekoskompetisie is baie gewild in Suid Afrika

Ek het nou al ‘n paar keer navraag gehad oor hoe om ‘n potjiekoskompetisie te organiseer en te beoordeel!  Met al die potjiekosresepte kan dit mos net lekker wees. Ek het toe gaan huiswerk doen en hier is die resultaat! gebruik!

Potjiekoskompetisie bekendstelling

Die deelnemers moet weet waar, wanneer, hoe ens., hier is ‘n voorbeeld van so ‘n kennisgewing.

PotjiekosKompetisie
Datum: ????
Plek: ????
Tyd: Begin wanneer jy wil. Beoordeling geskied om 16h00
Inskrywing: By ????
Inskrywingsfooi: R ???
Sluitingsdatum vir inskrywings:  ??

Reëls:

Potjies mag net op gas gemaak word a.g.v vuurmaakregulasies.
Die organiseerders verskaf gasbraaiers, ‘n vloer vir jou “area” , lopende water, termometers, weggooibare borde en eetgerei.
Die deelnemer moet verskaf : die pot, alle bestanddele en kookgerei.
Die regulasies vereis ook dat alles vars gemaak word op die perseel. Niks mag vooraf gemaak word en saamgebring word om op te warm nie.

Jy kan ook vereis dat alle potjies op kole gemaak word.(houtskool toegelaat) Hout en houtskool word dan gewoonlik voorsien.

Daar kan ook gestipuleer word dat elke deelnemer ‘n bykos moet maak, bv. potbrood, roosterkoek, asbrood, stokbrood ens. Dit moet tydens die kompetisie gemaak word.

Daar kan ook vereis word dat ‘n voorgereg en/of nagereg ook berei word. Geen van bogenoemde geregte mag vooraf voorberei word nie.

Elke span moet uit ??( 4 lede werk goed) lede bestaan waarvan een die kaptein is.

Daar kan ook ‘n vasgestelde tema wees soos bv. Om die bosveldvuur, op die plaas ens. Dan moet die deelnemers hulle “area” versier volgens die tema en daarvolgens ook beoordeel word. Die atmosfeer rondom die staanplek, asook die algehele voorkoms, speel ‘n rol by beoordeling

Daar kan verskillende kategorieë wees, naamlik ‘n rooivleis-, afvalpotjie , pluimvee-, wilds- en seekospotjie. Die beoordelaars sal ‘n wenner in elke kategorie, asook ‘n algehele wenner, aanwys.

Beoordeling.

Beoordeelaars kan uit spanne (of ‘n enkele persoon) bestaan wat elkeen ‘n lys het met kategorieë wat beoordeel word en daarvolgens punte toeken (bv. uit 10 uit.) Die punte word dan bymekaar getel en die span met die meeste punte is die wenner. As daar meer as een beoordelaar is, laat die spanne lootjies trek vir ‘n beoordeelaar, dan is dit regverdig. Drie beoordeelaars per span is verkieslik vir wanneer daar nie ooreengestem kan word oor puntetoekenning nie. ‘n Tweederde meerderheid se punt staan.

Kategorieë kan wees:

Tema (oorspronklikheid en atmosfeer)
Voorkoms en netheid van “area”
Voorkoms van dis tydens opdiening
Oorspronklikheid en smaak van dis.
Oorspronklikheid en smaak van bykossee

Kies ‘n wenner per kategorie en dan ‘n algehele wenner!

Hierdie is net idees, en kan aangepas word na omstandighede.

Nog beoordelingswenke vir die Potjiekoskompetisie:

OORSRONKLIKHEID – 10 PUNTE –  KYK NA HOUT OF CARCOAL OP DIE GROND OF OP STANDER HOE  MEER PRIMITIEF HOE BETER.

2 OMGEWING – 10 PUNTE – IS DIE SPAN OF PERSOON AANGETREK VIR DIE GELEENTYD, VOORSKOOT,  HOED OF TEEDOEK OOR DIE SKOUER ENS.

TOEBEHORE – 10 PUNTE –  HOUT LEPEL OF STAAL RAKKIE VER SPESERYE ENS

4 EETGEREI – 10 PUNTE –  HOE SKEP HY DIE KOS OP IS DIT VROU SE BESTE BORDE OF IS DIT MARTHA SE BLIKBORD. POT KOS IS IN DIE VELD ONTHOU PRIMITIEF.

5 DRINKGOED – 10 PUNTE – WYN, MOERKOFFIE OF KOELDRANK HOE BEDIEN HY DIT WEER EENS BLIKKOPPIE, JY IS IN DIE BOS 10 PUNTE VIR MOER KOFFIE LANGS DIE VUUR GEMAAK IN BLIK EMMER.

ALGEHELE PRENTJIE –10 PUNTE –  HOE LYK SY STAL OF PLEK WAAR HY DIE KOS BEREI.

VOORKOMS VAN POT – 10 PUNTE –  IS DIE POT ‘N MOER POT, IS ALLES NET INGEMOER OF IS DIT MOOI IN LAE GEPAK.

SMAAK – 10 PUNTE – PROE, ONTHOU, VAT WATER SAAM, SPOEL JOU MOND NA ELKE PROE.

PERSOONLIKHEID – 10 PUNTE – PRAAT DIE PERSOON MET JOU OOR DIE POT, LAAT HY JOU TUIS VOEL, WIL JY SOMMER DAAR BLY EN SAAM EET OF IS HY STIL EN NORS.

10 FAMILIE OF SPAN – 10 PUNTE – POT MAAK IS ‘N SPANPOGING LEKKER KUIER EN DRINK, IS ALMAL BETROKKE EN KUIER SAAM.

Voorbeeld van Potjiekosreëls

1.                  Each team must consist of two people.

2.                Any size 3-leg potjie can be used.

3.                All preparations must take place on the premises.

4.                Wood will be provided.

5.                The team must provide all equipment and utensils.

6.                One of the team members must be at the stand at all times.

7.                Teams must start between 09:00 and 09:30.

8.                Points will be awarded for the stand, Main potjie, Side dish and/or       pudding.

9.                Judging will take place through the day. The final judging of the finished potjie will be done at 12:30.

10.              The judges’ decision is final.

11.               Prizes will be presented at 18:00

Hier is ‘n voorbeeld van ‘n beoordelingsvorm

Names of Judges:
Team number: 2020/
Team members
Stand
Description Final marks given
1.  Potjie:
2.  Side-dish:
3.  Pudding:
TOTAL
Judging:  Potjie
Marks
Comments
Colour 05
Herbs & Spices 05
Aroma 05
Fluid persentage 05
Texture 05
State of being done 05
Appearance 10
Taste 60

SUBTOTAL

  100  
Stand Marks
Side-dish/pudding
Marks
Comments
Presentation 15 Presentation 15
Tidiness 05 Originality 05
Hospitality 05 State of being done 05
Safety 05 Texture 05
Taste 40
Subtotal 30 Subtotal 70
Below average 0 – 24 Average 25 – 49 Good 50 – 74

Excellent 75 – 100