Phyllis se hoender konkoksie

Ek noem die volgende sommer Phyllis se Konkoksie! Ek het iets lekker wat ek altyd maak as ek nie lus is vir braai nie en wil ook sommer n bietjie groente in kry. Ek het nie n spesifieke resep nie, ek pas dit aan na hoeveelhied mense en waarvoor ons lus is. Dis is maar soos n stirfry in n groot pan. – Phyllis Vorster

• Ek gebruik gewoonlik n 2 kg pak hoender. Sny die hoender in kleiner stukkies sprinkel met sout en peper . Ek gebruik nie speserye nie, wel vars kruie na smaak.
• Kook eenkant rys tot gaar . Moet lekker los wees. Ek was altyd my rys na dit so rukkie gekook het. Vir afwisseling gooi ek dan klappermelk by rys na smaak olie en rys speserye sout indien nodig en ekstra water indien nodig en stoom gaar.

1 kg gemengde groente
uie dun gesny
knoffel
kool dun gesny
sout
peper
sojasous

• Jy kan vars groente sny of gevriesde groente gebruik of dit meng Ek braai die hoender in die pan met bietjie olie tot gaar en hou eenkant.
• Braai nou die groente tot gaar maar nog krisp.
• Gooi nou gaar rys saam groente in pan en meng.
• Voeg nou die gaar hoender by en meng. Indien sout kort sprinkel met sojasous.
• Baie lekker saam met dit is “Soet Suur Braai sous” wat jy maar by die winkels koop. Die beste dat elke ou maar sy eie sous meng so na smaak. Dit is baie lekker en kom ver.
• Hierdie resep kan jy aanpas en kan baie interesant raak. Jy kan rys afwissel met bruinrys, pasta ens.
• Saam met die hoender kan jy ook ontbyt spek braai vir afwisseling.
• Maalvleis kan ook gebruik word. Vark en biefstuk werk ook baie goed.
• Ek sny gewoonlik die vark of biefstuk in langwerpige stukkies nie te dun en smal nie.

Marineer dit dan in die volgende:
Mieleblom gemeng met genoeg water en sojasous. Al die vleis moet bedek wees .
As jy dit dan braai bly die sousies in die vleis. Die vleis is dan ook baie sag en niks gaan verlore nie. Jy kan nou maar self gou vir jou ‘n resep opstel