Pampoenkoekies

Pampoenkoekies (1923)
2 koppies fyn pampoen
1 eetlepel botter
half teelepel sout
kwart teelepel peper
geel van een eier
2 eetlepels meel

• Bak, kook of stoom die pampoen tot gaar. Druk deur ‘n sif. Gooi botter, sout, peper en geel van ‘n eier by.
• Vorm klein frikkedelletjies, steek in eier en broodkrummels en braai in vet.
Rene Laten