Ontbyt potjie
2 4

Ontbyt potjie

Oorskiet braaivleis in blokkies gesny
Uie
Blikkie tamatie smoor
Maalvleis
Gesnipperde bacon
Groenrissie
Sampioene
Klein blikkie boontjies in tamatiesous
Eiers
Kaas
Sommer enigiets waarvan jy hou

Braai uie, groen rissie,sampioene. Voeg vleis daarby en braai. Voeg tamatiesmoor en boontjies (baked beans) by en laat prut.Geur met sout, peper,speserye .Breek eiers bo-op en sit deksel op om gaar te word .Rasper kaas bo-oor en as dit gesmelt is,dien op op ‘n broodjie of enige oorskiet stysel .Wat ookal byderhand is. Sodoende word die oorskiet braaivleis nie gemors nie en enige kombinasie van bestandele kan gebruik word .Basies enigiets waarvan jy hou .