ONBEPERKTE LUUKSHEID VIR TWEE: DIE JURGENS EXCLUSIVE DELUXE
5 4.2

ONBEPERKTE LUUKSHEID VIR TWEE: DIE JURGENS EXCLUSIVE DELUXE

Wanneer jy die buitelewe in styl wil aandurf, hoef jy nie verder te soek as die beperkte-model Jurgens Exclusive Deluxe nie.

Hierdie luukse 2-slaper karavaan is spesiaal vir oordeelkundige kopers, en spog met ’n buitekombuis met glasstoofblad en vlekvryestaal opwasbak, terwyl die konveksie-mikrogolfoond aan die binnekant die voorbereiding van maaltye baie gerieflik maak. ’n Ten volle toegeruste badkamer bied ekstra gemak in hierdie kasteel op wiele.
Die nuut gestileerde en moderne tweekleur-houtafwerkings en meubels skep ’n ligte en ruim atmosfeer en sluit baie mooi aan by die pragtige materiaal in liggroen en natuurlike kleure. ’n Kafeestyl-eethoekie verleen die perfekte ruimte vir binne ontspanning. Pragtig toegeruste kassetvensters laat hierdie eenheid meer elegant vertoon en lugversorging verseker ’n gematigde klimaat, ongeag die tyd van die jaar waarin jy ons pragtige land wil verken.
Hierdie gesogte beperkte vrystelling van die Jurgens Exclusive Deluxe kan van Campworld-handelaars bestel word teen ’n aanbevole kleinhandelsprys van R409 000 (BTW ingesl.). Vir jou naaste handelaar en meer besonderhede, besoek die webtuiste www.campworld.co.za en sluit aan by die gesprekke op https://www.facebook.com/campworldSA?ref=br_tf en https://www.instagram.com/campworld_za/.
NOTA: Weergawes van die binneruim weerspieël nie die presiese afwerkings nie – die doel is om die uitleg van die karavaan aan te dui.