Namibie

ETOSHA TRADING POST – FUEL STATION, SHOP AND CAMPSITES ON THE DOORSTEP TO ETOSHA (CLOSE TO OKAUKUEJO)

Slegs 6.5km voor die Andersson (Okaukuejo) ingang na Etosha Nasionale Park sal jy die ideale stopplek vind om bene te rek, brandstof the hervul en voorraad aan te koop voor u verder gaan.
Die winkel is propvol versnapperinge , drankies, heerlike plaasstyl wegneem etes en ‘n oorvloed aandenkings!
Buiten die vulstasie, winkel en werkswinkel, bied Etosha Handelshuis ook goed ingerigte kampeerplekke wat geskik is vir beide individuele reisigers asook groter groepe vriende of families wat saam toer.
Die kampeerplekke beskik oor privaat badkamer geriewe wat sy eie stort en toilet insluit, ‘n afdakkie met opwasgeriewe, kragpunte en braai geriewe.
Daar is ook ruim groep kampeerplekke met netjiese gedeelde ablusie.
Die verfrissende swembad wat gedeel word tussen die staanplekke bied lafenis na ‘n dag van dierekyk.

Kampplekke van  Taleni-Africa

Kampplekke in Kunene

AT KRONENHOF LODGE (Sesriem 160km)

Kampplekke

At Kronenhof lodge het 4 private kampplekke met eie ablusies met solar geysers en 220v krag en 220 v ligte, braai plek en lopende water by elke kampplek. met gesamentlike swembad vir private kampers.
Gesamentlike kampplekke: 3 kampplekke wat tot 25 mense kan huisves. kamplekke het 220v krag en ligte en elke kampplek het lopende water met ‘n braai plek en wasgoed draad. Gesamentlike ablusie met gas geysers en opwas area.

Selfsorg

At Kronenhof lodge het 5 selfsorg eenhede wat 2 3/4 beddens in het. Elke kamer het n binne braai met n kombuis met al die nodige breek goed in, yskas/vrieskas in elke eenheid, elke kamer het n en-suite badkamer en elke kamer het lugverkoeling in.

Elke kamer kan 2 volwasse vat en daar kan n ekstra opvou bed in gesit word.

Kamer kos N$ 750 per persoon per nag
Kinders 6 – 12 jaar half prys

At Kronenhoflodge