Gradeer die plek

Dit was ‘n koue winters kamp

Bergrivier Oord Augustus 2011

Een van ons vele kampe wat ons nie sal vergeet nie. Daar is altyd sekere oomblikke en gebeure in jou lewe wat mens altyd sal onthou. Hierdie kamp was een van hulle. Een vir die boeke van goeie tye en lag. Ons het besluit saam ‘n groep vriende, om vir ‘n naweek bietjie weg te gaan wat nie te vêr is buite die Kaap nie. Ons kom toe af op die Bergrivier Kamp net buite die Paarl. Lekker naby die Kaap, tariewe was billik en terreine skoon en netjies. Lieflike uitsig van die rivier verby jou kamp terrein, boom ryk en in my opinie prentjie mooi skets van moeder natuur.

Mense laat ek julle net vertel, as jy in die winter seisoen wil gaan kamp maak seker jy pak genoeg klere en warmgoed in. Min het ons die weer voorspellings dop gehou of geweet dit gaan die naweek so reën en so ongelooflik koud wees.

Wel met soetwyn, baie klere en warmgoed, braaivleis vure tot die oggend 3 uur toe en baie gelag het ons dit oorleef. Ek en Deon het daardie Saterdag nag elke liewe kleding stuk wat ons kon uit ons sakke kry, aan getrek. Ons was onder al ons linne en ons was so dik aangetrek jy kon skaars beweeg. Dit was asof die winter reënval vir die eerste keer daai Augustus geval het. Ons tande het geklap, en almal moes maar styf lê daardie nag. Dankie tog ons tent was waterdig, die klomp lae klere oor mekaar en die 3 pare sokkies het gehelp. Die volgende oggend was almal te bang om uit hulle tent te kom. Mense dit het gevoel asof die sneeu op die rivier geval het en die lugdruk was ongelooflik laag, maar die sonnetjie het later die middag effens kop uit gesteek.

Vure het vir die res van die naweek hoog gebrand en ons het steeds die samekoms saam vriende so geniet. Die kamp terrein was gelukkig ook nie modderig nie te danke aan die gras. Die naweek was so lekker hetsy die reënval of koue. Die kuier om die vure en die gelag, die kaart speletjies en die stories was beslis al die koue werd.

Een ding is nou wel verseker. As ons nou kampe beplan hou ons die weer dop en maak seker ons is beter voorbereid op ‘n kouefront.

EK en Deon sal beslis weer daar gaan kamp. Mooi natuur skoonheid, rustigheid, goeie tye, familie en vriende en wat jy van ‘n kamp maak. Dis die wen resep vir ‘n lekker Kamp.