Mikrogolf sjokoladekoek

375 ml Strooisuiker
500 ml Meel
125 ml Kakao
Knippie Sout
15 ml Bakpoeier
Sif bg. bestanddele 3 X deur sif.
4 Ekstra groot eiers (geskei – wit styf geklop)
125 ml Sonneblomolie
5 ml Vanieljegeursel

• Meng alles saam. Voeg 250 ml warm water laaste by vloeistofmengsel.
• Voeg meelmengsel bietjie vir bietjie by vloeistof. Klop met klitser op laagste spoed.
• Vou eierwitte by.
• Gooi in 2 roomysbakke (baie goed met olie gesmeer).
• Mikrogolf vir 12 – 14 minute by 70% krag. Halveer met garedraad en versier.
• Meng pepermentsjokolade met versiersuiker vir bo-op.
• Ek plaas die een maar onder nagereg en as dit werk gaan dit goedkoper as cape Velvet of Amarula wees