Mieliepaptert

250 g spekvleis, fyngekap
300 g sampioene, gekap
125 ml room of ingedampte melk
100 g Cheddar-kaas, gerasper (250 ml)
1 blik (410 g) heelpit suikermielies (opsioneel)
Varsgemaalde swartpeper na smaak
Ekstra gerasperde kaas vir garnering
Metode:
Maak stywepap, skep dit in ‘n gesmeerde broodpan en laat afkoel en stol.
Braai die spekvleis in eie vet bruin in ‘n swaarboompan.
Voeg die sampioene by en braai liggies.
Roer dan die room, kaas, mielies en peper in.
Keer pap uit broodpan en sny horisontaal in 2 – 4 ewe groot stukke.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in ‘n geskikte bak… met die vulsel laaste.
Strooi ekstra kaas oor.
Plaas deksel en rooster sowat 30 minute op ‘n rooster oor matige kole.
Of bak dit vir 30 minute @ 170°C.
8 porsies
Variasie:
‘n Dun witsous kan i.p.v.die room gebruik word.
STYWE PAP
1 1 liter (4 k) water
2 10 ml sout
3 30 ml botter
4 625 ml (2½ k) mieliemeel
Metode:
Giet die water in ‘n potjie, voeg die sout en die botter by en bring tot kookpunt oor warm kole (stoof).
Giet die mieliemeel by om ‘n hopie te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte deur van die kole te verwyder… plaas deksel op potjie en laat 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut nog vir 1 uur.
6 porsies
Variasie:
Stywepaphappies: Vorm die pap in balletjies wanneer dit gaar is en rol dit in geklitste eier en daarna in broodkrummels wat met kruie of Parmesaan-kaas gegeur is.
Braai balletjies in warm olie tot goudbruin, dreineer en sit as snoephappies voor.
Vorrm andersins van die gaar pap rondom ‘n blokkie kaas en drai ‘n repie spek rondom… steek vas met n peuselstokkie. Rooster oor warm kole totdat die spekvleis bros is. Sit voor as ‘n snoephappie.