2.0
01

Mieliepap In Mikrogolf

3 koppies mieliemeel
1200 ml kookwater
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
4 eetlepels margarien of botter

• Plaas mieliemeel in mikrogolfbak (omtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute.
• Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik.
• Roer margarien by kookwater tot gesmelt.
• Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie.
• Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute.
• Haal uit en roer deeglik.
• Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir ‘n verdere 8 minute op hoog.