Mieliebrood in ‘n potjie op die vuur

500g bruismeel
1/2 teelepel sout
1 koppie melk
2 eiers
1 blikkie geroomde suikermielies 410g

• Vryf jou platboom potjie goed in met bietjie olie (deksel ook).
• Meng al die bestandele saam en stoom dit stadig oor lae hitte (omtrent ‘n uur).
• Dis ook lekker om bietjie kaas, spek en gebraaide uie in te roer.