Maklike Tert

Ons kamp ook gereeld. Ek het ‘n baie maklike tert wat ons nogal gereeld maak.

1 blikkie caramel kondensmelk
3-4 piesangs
pak tennis beskuitjies

• Meng die kondensmelk en piesang. Pak die tennis beskuitjies in ‘n bak, gooi die helfte van die kondensmelk piesang mengsel op die beskuitjies, pak weer ‘n laag beskuitjies en gooi die res van die mengsel bo-op.
• Sit in yskas en laat stol, sit voor met room.
• Dit is heerlik, ek sal alleen so ‘n bak terk opeet.
– Amanda Prinsloo