Liplekker trifle

1 wit rolkoek (swissrol)
blikkie vrugte (fruit cocktail/fruit salad)
neute van jou keuse
boksie vla (of tuisgemaakte afgekoelde vla)
soet wyn
groen en rooi jellie aangemaak en gestol (of enige ander kleur)

• Sny rolkoek in skywe. Pak in bak. Gooi bietjie soetwyn oor die rolkoek asook van die vrugte en neute. Sit van die gekleurde jellie bo-op en gooi van die vla op. Pak lae op mekaar tot alles klaar is. Versier met vars room en plaas in yskas vir omtrent ‘n uur. Geniet!