Lekker ongesonde pap

Ons is net so lief vir die bos en gaan so gereeld as wat ons kan. Gewoontlik in ‘n groep van so 6 mense. Almal in die groep vra altyd of ons ongesonde pap gaan kry, so ek is altyd voorbereid.

• Maak mieliepap nie te styf nie, maar ook nie heeltemal slappap vir die hoeveelheid mense wat honger is. Jy kan maar meer ook maak want koud is dit net so lekker.
• Die byvoegings is vir ‘n pot vir so 6 mense.
• As die pap gaar is meng ‘n blikkie heel pit mielies by.
• Meng ‘n 250g knoffel botter blok by.
• Roer alles deurmekaar.
• Rasper ‘n klomp kaas bo-oor. Sit die pot se deksel op en ‘n paar kole bo-op om die kaas te verbruin/smelt.
• Jy kan ook gesnipperde gebraaide bacon, mushrooms en uie byvoeg dan is dit sommer ‘n maaltyd op sy eie.