Is jy lief vir die buitelewe?

Is jou kampgereedskap ten alle tye reg vir aksie? Dan is die KykNET Buite Ekspo NET die ding vir jou! Maak seker jy is die naweek van 31 Julie tot 2 Augustus by Sondela Natuurreservaat en Spa, naby Bela-Bela, Limpopo… vir een kamp-tastiese naweek. Kom sien al die nuutste buitelewe-aanbiedings, neem deel aan prettige aktiwiteite en 4×4 geleenthede vir die hele gesin, en geniet top kosstalletjies en kroeë. Jy kan uitsien na ons puik Hankook kunstenaars en vermaak, asook die kykNET Buite Ekspo se 10 de verjaarsdagviering saam met Jimmys Sauces. Daar’s ook ’n GROOT speelpark vir die kinders, en die ouers…, so kom skop jou skoene uit by die KykNET Buite Ekspo naby Bela-Bela. Vanaf 31 Julie tot 2 Augustus. Sien jou daar!