Vorentoe Karavaanpark

Laerskool Vorentoe Karavaanpark

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Groot-Brakrivier
STREEK: Hartenbos / Groot-Brak / Tuinroete / Suid-Kaap
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: S34.045174 E 22.216136
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R430 per staanplek 

Staanplekuitleg2018

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 58
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – rivier
Swemplek Rivier
Grondbedeking Gras
Skaduwee Nee
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan teerpad

BESKRYWING
Beskrywing Die Laerskool Vorentoe sportveld kampeerterrein is baie gerieflik sentraal geleë tot al die attraksies van die dorp.  Dit is ‘n pragtige veld, met direkte toegang tot die Groot Brakrivier waar kinders kan baljaar met bootjies SUP’s.  Vandaar kan geroei word tot in die branders van die see.  Ons bied baie goeie waarde vir geld.

Ons besef badkamers is belangrik vir ons kampeerders.  In samewerking met ons plaaslike gemeenskap is ons trots en dankbaar om werklike uitstaande fasiliteite vir ons kampeerders beskikbaar te stel.  Granietblaaie in alle badkamers, mengerkrane by wasbakke en storte, kwaliteitgeriewe, en industriële gasgeysers om seker te maak daar is genoeg warm water vir almal.

Die kampeerterrein bestaan uit 58 staanplekke op die skool se sportveld. Die ruim staanplekke (10 x 12 m) het almal krag en daar is moderne ablusie-geriewe vir mans en dames. Daar is ook opwasgeriewe toegerus met ‘n muntoutomaat- wasmasjien en droër.

Die kampeerterrein is sentraal geleë in Langstraat wat ‘n sirkelroete deur die dorp maak. Dit is naby winkels, restaurante , koffie-winkels, apteek en dokters en ‘n wassery. Vir u gemoedsrus is daar 24 uur sekuriteit met wagte wat patrolleer.

Aanwysings Langstraat, Klein-Brak
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Wildkyk

vis swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Kragpunt by elke staanplek
Waterpunte reg rondom die veld
Moderne ablusie en opwas geriewe
Die kampeerterrein is ook omring deur netbalbane, tennisbane, rolbalbane, jukskeibane, muurbal en natuurlik die rivier vir roei-liefhebbers.

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak en tariewe
Kontak persoon Morne Bekker
Kontak nommer 060 441 6577
Kontak nommer 044-6202211
Tariewe R430 per nag per staanplek vir vier mense.
R50 per persoon ekstra tot maksimum van ses mense per staanplek.
Die kampeerterrein is slegs operasioneel van 14 Desember 2018 tot 4 Januarie 2019.
‘n Minimum besprekingstyd van 7 dae geld.
Ongelukkig geen troeteldiere toegelaat nie
Bring jou eie braaidrom
Geen harde musiek of lawaai nie.