Umdobi Boskamp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Sodwana, 15 km
STREEK: Elephant Coast
PROVINSIE: KwaZulu-Natal
GPS:S27,47633 E32.53886
OMGEWING: Bosveld/Kus
TARIEWE VANAF: R120/ppn

Camping

Kampplek Beskrywing

BESPREKING & NAVRAAG

Die oord word nou verkoop en hanteer  geen verdere besprekings nie. 

OORSIG
Kamp Staanplekke 17
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Ja
Visvang Ja – see
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Grond/sand
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING

Umbodi Boskamp

Umbodi Boskamp is in die hartjie van Zululand naby Mbazwana en Sodwanabaai – op 3 hektaar  inheemse bosveld geleë. Umdobi is slegs 15 km van Sodwanabaai ,  180km vanaf Richardsbaai en 350km vanaf Durban geleë.  Umbodi is beslis die ideale naweekwegbreekplek in die bos.  Daar is heelwat vir besoekers om te doen – jy kan visvang, duik, swem of net op die strand ontspan. Dan is daar ook natuurroetes en bergfietsroetes wat deur die kamp kronkel.  Kom geniet die pragtige sonsondergang by die kamp of by een van die uitkykpunte of voëlkykplekkies terwyl die bos ontwaak.  Kom geniet ook  ‘n dagtoer na Mkuze of Ndumo Wildreservaat of die Thembe Olifantpark. Umbodi bied ook vir 4×4-entoesiaste heelwat roetes om hul vernuf te toets.  Daar is roetes deur die sand of duine en woude naby die die kamp.

Elke kampterrein is in die bos versteek en bied privaatheid, vrede en rus vir die kampers. Elke kampeerterrein is tussen groot skadubome, inheemse fauna en lang gras geleë. Daar is kragpunte en elektrisiteit word deur ‘n kragopwekker voorsien. Die ablusiegeriewe bied warm en koue storte en spoeltoilette.  Umdobi Bush Camp het ook ‘n swembad met sitareas in die skaduwee. Die boskamp is troeteldiervriendelik en gaste is welkom om ‘n hond saam te bring – op voorwaarde dat die troeteldier goedgemanierd optree.

As jy nie jou eie kamp wil opslaan nie, bied Umbodi 2 volledig toegeruste tente met 2 matrasse,  tafel en stoele, ‘n gasstoof, kookplate, breekware en eetgerei. Hierdie opsie is ideaal vir gaste wat op soek is na ‘n  lekker kamp-avontuur, maar natuurlik sonder die moeite van jou eie toerusting inpak.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Wildkyk


vis swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Privaat ablusiegeriewe
Familie badkamers
Donkie vir stook van water
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Karavaan kragpunt
Eie braai

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad