Uithoek Vakansieoord

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Fouriesburg (10km)
STREEK: Oos-Vrystaat
PROVINSIE:Vrystaat
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R360.00 pn 2 persone ingesluit (kamp)

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 50
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Ja
Visvang Ja – dam
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedekking Gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Uithoek Vakansieoord

Beskrywing
Uithoek Vakansieoord is geleë op ‘n pragtige plaas in die Oos-Vrystaat en word omring deur die Witteberg reeks. Die oord is net 10 km van Fouriesburg af. Daar is ‘n kampeerterrein met 50 staanplekke, elk met slaapplek vir 6 gaste. Die oord se kampeerterrein het pragtige gras-terrasse met oorgenoeg bome wat skadu bied vir die kampeerders. Die oord het nuwe netjiese en skoon ablusiegeriewe. Die kampeerterrein word omring deur rotsformasies en inheemse fauna en flora. Elke kampeerplek het ‘n kragpunt, kraan en eie braaigeriewe. Kampeerders het ook toegang tot 2 gemeenskaplike lapas.
Aanwysings
Padaanwysings na Uithoek Vakansieoord

Vanaf Bethlehem; volg die Fouriesburg pad, R26 vir 39km
Regs le Bloukruin Eierplaas en net daarna draai jy af links af by Uithoek bord / S190
Volg 3km grondpad
Regs is Wildsheining met Sandsteenmuur waarop Uithoek staan

Vanaf Fouriesburg:
Volg Bethlehem pad R26 vir 9km en draai regs by Uithoek bord /S190
Volg 3km grondpad, regs le Wildsheining met sandsteenmuur waarop Uithoek staan

AKTIWITEITE
Aktiwiteite 4×4 roete
Bergfiets roetes
Hengel
Kuier lapa
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Zipline
Rotsklim
Wildkyk: Swart Wildebees, Springbok, Volstruis, Gemsbok and Sebra.


vis swings swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Tariewe is onderhewig aan verandering

FB
Kontak Besonderhede
Kontak persoon Rule Mans
Kontak nommer 072 660 0840
Epos info@uithoek.com
Webblad www.uithoek.com

SELFSORG

SELFSORG

Uithoek Vakansieoord

Selfsorgeenhede: 3 Kothuise

KAMER:
Basiese kamer no 1 bied 4 enkelbeddens vir gaste. Handdoeke en linne ingesluit. Volledige kitchenette. Gaste het toegang tot die moderne ablusiegeriewe wat ongeveer 50 m van die kamer af geleë is. Gaste in die kamer mag die gemeenskaplike swembad gebruik.

Basiese kamer no 2 het 1x dubbelbed in met handdoeke en linne ingesluit en volledige kitchenette.

Basiese kamer no 3 het 1x dubbelbed in en handdoeke en linne met volledige kitchenette

Chalet 1:
Hierdie eenheid is ’n privaat selfsorg-chalet met ‘n panoramiese uitsig van 180°. Die chalet bied slaapplek in 2 slaapkamers, elk met ‘n dubbelbed. Hierdie eenheid het ‘n kombuis, leefarea, badkamer, patio en braaigeriewe. Die chalet bied ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Chalet 2:
Hierdie eenheid is ’n privaat, afgeleë selfsorg-chalet met ‘n panoramiese uitsig van 360°. Die chalet bied slaapplek in 2 slaapkamers, elk met ‘n dubbelbed. Daar is ook ’n slaapbank in die sitarea. Die eenheid het ‘n kombuis, leefarea, badkamer, patio en braaigeriewe. Die chalet bied toegang tot die gemeenskaplike swembad.