Tussen-I-Bome Gasteplaas
14 4.4

Tussen-I-Bome Gasteplaas

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Montana, Pretoria, 30 KM
STREEK: Dinokeng – Tshwane
PROVINSIE: Gauteng
GPS: S 25.30’825 E 028.27.785
OMGEWING: Bosveld
TARIEWE VANAF: R 350 per aand

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 6
Persone Per Staanplek 10
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Grond/sand
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

swemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing

Tussen-I-Bome Gasteplaas

Tussen-I-Bome Gasteplaas bied ‘n bekoorlike ossewa-oord sowat 26 km buite Montana in Pretoria op die R573 KwaMahlango/Moloto-pad. Die gasteplaas val binne die groter Dinokeng streek en is sowat 30km vanaf die Dinokeng Groot 5 Wildsreservaat en ook naby die geskiedkundige dorpie van Cullinan (met ‘n werkende diamant myn) asook die Roodeplaat Dam.

Hierdie wildsplaas bied ‘n regte Bosveld-karavaanpark en -kampeerterrein met water en elektrisiteit by elke beskutte staanplek. Daar is slegs 6 staanplekke beskikbaar en daar is gerieflike ablusiegeriewe en opwasgeriewe.  Die staanplekke is almal naby aan die ablusiegeriewe geleë.

Daar is twee swembaddens en mooi staproetes om te wandel.  Jy sal heel waarskynlik paaie kruis met rooibokke en sebras terwyl jy op een van die staproetes gaan.  Die een swembad is ‘n rotspoel wat  op die hang van ‘n koppie gebou is met ‘n uitsig-dek.  Van hier af kan jy die sonsondergang aanskou en waardeer.

Tussen-I-Bome Gasteplaas bied verskillende selfsorgverblyf-opsies, van ossewakampe vir die avontuurlustiges met slaapplek vir 4 – 6 mense.  Hier slaap gaste in oorspronklike ossewaens.  Ander selfsorg opsies is ‘n gastehuis met 3 luukse en suite-kamers. Die akkommodasie is ideaal vir groot groepe, want die gesinseenheid het 11 beddens, een privaat kamer, een semi-privaat kamer en 7 vrystaande beddens in 3 oopplan-areas. Daar is ook ‘n rustieke bos-lapa met slaapplek vir tot 16 mense en ‘n pragtige chalet met slaapplek vir tot 10 mense.

Die Ossewa-tema van die venue en die selfsorg-ossewakampe sal ‘n nostalgiese gevoel aan jou verblyf by Tussen-I-Bome Gasteplaas verleen. Die venues, ook in die Ossewa-styl, kan tot 120 mense akkommodeer. Dis ideaal vir troues, konferensies, spanbousessies, jaareindfunksies, verjaarsdae ens.

Die chalet, bos-lapa en gastehuis kan vir kleiner funksies soos hennepartytjies, rampartytjies, ooievaarspartytjies ens. gebruik word. Daar is 2 WiFi-versenders wat WiFi aan gaste beskikbaar stel. Daar is ook’n  TV en DStv-koppelpunte vir gaste wat dalk hul eie DStv-dekodeerders wil saambring.

Aanwysings Vanaf Pretoria – N1 Noord. Sefako Makgato afrit ( Zambesi) draai regs na die tol hek.
Eerste volgende robot links op die R 573 Moloto KwaMahlango. 26 Km verder, links op Hammanskraal grondpad. 2 Km op die Hammanskraal grondpad op linkerkant
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Wilds ritte kan gereel word wat besoekers by Tussen-I-Bome kom oplaai vir groot 5 besigtiging.
Geskiedkundige dorpie Cullinan binne 29 km.
Buffels Drift Mountain Bike Club vir Internasionale standard roetes en fasiliteite.
Golfbaan 18 km van Tussen-I-Bome.
Naby gelee Spa vir masserings en skoonheids terapeute.
Zip Line Adventure Zone in Cullinan.


swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Karavaan kragpunt
Eie braai
Konferensie
Ander Fasiliteite Troues, Konferensie en Funksie fasiliteite vir tot 120 Gaste.

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
SELFSORG
Selfsorgeenhede: 6
Tipe akkomodasie Lodge
Ander
Selfsorg Gastehuis – Kan tot 18 Pax huisves bed en ontbyt @ R 550 per persoon vir 2 of meer nagte. Selfsorg vir 6 en meer.
Chalet – Kan tot 10 Pax huisves bed en ontbyt @ R 550 pppn 2 of meer nagte. Selfsorg vir 4 + @ R 450 pppn
Bos Lapa – Kan 6 tot 16 akkomodeer selfsorg @ R 400 pppn vir 2 of meer nagte.
3 Gerestoureerde Ossewaens wat elk 4 Pax kan akkomodeer @ R 550 per persoon per nag selfsorg.

Al die eenhede kan vir ‘n enkelnag bespreek word met ‘n enkelnag heffing van R 50 per persoon.