4.9/5 - (10 votes)

Tugela Mouth

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Tugela
STREEK: Zululand
PROVINSIE:  KwaZulu-Natal
GPS: S 29.21678 E 31.50696
OMGEWING:  Kus
TARIEWE VANAF: KLIK HIER

Camping

Kampplek Beskrywing

Kamp Staanplekke 39
Persone Per Staanplek 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – see
Swemplek Kouewater swembad
See
Grondbedeking Gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

Tipe akkomodasie Hout Hutte
Kothuise
Selfsorg CHALET/HOUTHUTTE

Die rustieke hout chalets kom in ‘n verskeidenheid van groottes om elkeen se sak te pas.
2 “budget” chalets met ‘n ingeboude karavaan
3 hout chalets, elkeen met 2 slaapkamers
2 Seesig chalets met 2 slaapkamers, badkamer en ‘n dek waarvandaan jy die uitsigte oor die see kan geniet
4 Geboude Chalets vir gaste wat meer privaatheid en rustigheid verkies. 2 Slaapkamers. Stoep met braaiplek

Elke chalet beskik oor die volgende:
Tweeplaat stoof, ketel, breekware en eetgerei, yskas en vrieskas
Elke chalet het ‘n braai area met ‘n tafel en stoele

HUISE

5 Lieflike vakansiehuise, waarvan 4 van die huise ‘n uitsig oor die see het. Die huise is sowat 100m vanaf die see. Al die huise is tenvolle ingerig vir selfsorg met ‘n oond, yskas, eetgerei ens. Die huise het elkeen 3 of 4 slaapkamers en kan groepe van tot 10 persone akkomodeer. Elke huis het sy eie braai area.