Tipis Africa Guest Lodge
4 3.5

Tipis Africa Guest Lodge

TIPE AKKOMODASIE: Selfsorgkamp
NAASTE DORP: Nelspruit (3km)
STREEK: Nelspruit
PROVINSIE: Mpumalanga
OMGEWING: Bosveld
TARIEWE VANAF: R350 p/p wat deel – ontbyt ingesluit

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Selfsorg tente
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid 800m Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja
Selfsorgeenhede: 6
Tipe akkomodasie Safari tente
Selfsorg Die lodge beskik oor 6 Tipis. Die tipi’s is van outentieke Cheyenne indian ontwerp met ‘n 19ft deursnit. Twee van hierdie tipis het koninginsgrootte beddens en die ander 4 tipis het enkelbeddens. Die beddens is almal van goeie kwaliteit en gemaklike stoele vir gaste om in te sit. Elke tipi het 1 elektriese punt. Daar is ‘n Westerse styl leefarea met eet-area en ‘n mexikaanse-styl vuurherd. ‘n Heerlike ontbyt is ingesluit by die verblyf.

Elke tent is op ‘n groot ronde platvorm gebou met klipmure om as windbrekers te dien. Elke tipi het klipvloere en elektrisiteit. Elke tipi het ook sy eie badkamer met ‘n groot stort en toilet. Daar is niks so lekker soos om wakker te word in die gemaklike en gerieflike atmosfeer van ‘n tradisionele tipi!

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent teerpad

BESKRYWING
Beskrywing Tipis Africa Guest Lodge, ‘n unieke “Native American” avontuur, slegs 3km buite Nelspruit.
Die terrein kyk uit oor die Long Tom berge in die pragtige Laeveld omgewing.

Die lodge bied ‘n rustieke atmosfeer wat jou meevoer na die Amerikaanse Wilde Weste. Hierdie bestemming is ideaal vir mense wat die buitelewe geniet en is ideaal vir die hele familie. Wat is dan nou beter as om te ontspan by ‘n vuurtjie, ‘n glasie wyn en ‘n lekker potjiekos wat prut op die vuurjie – met sagte “Native American” musiek wat saggies in die agtergrond speel.
Die tipi’s is van outentieke Cheyenne indian ontwerp met ‘n 19ft deursnit. Elke tent is op ‘n groot ronde platvorm gebou met klipmure om as windbrekers te dien. Elke tipi het klipvloere en elektrisiteit. Elke tipi het ook sy eie badkamer met ‘n groot stort en toilet. Van die tipi’s is toegerus met ‘n koningingsgrootte bed, ander weer met 2 of 3 enkelbeddens. Die beddens is almal van goeie kwaliteit en gemaklike stoele vir gaste om in te sit. Daar is niks so lekker soos om wakker te word in die gemaklike en gerieflike atmosfeer van ‘n tradisionele tipi!
Tipis Africa Guest Lodge is naby die Nasionale Kruger Wildtuin asook die klein dorpie Kaapsehoop, wat alombekend is vir hulle wilde perde.

Mbombela(Nelspruit) is die hoofstad van Mpumalanga en word omring deur die pragtigste besigtigingsroetes in Suid-Afrika. Besoek gerus die Blyde River Canyon, God’s Window, die pragtige dorpies Sabie, Graskop and Pilgrims Rest. Tipis Africa Guest Lodge is ook slegs 2 ure se ry vanaf Maputo, Mosambiek.
Die lodge beskik oor 6 Tipis. Twee van hierdie tipis het koninginsgrootte beddens en die ander 4 tipis het enkelbeddens. Elke tipi het 1 elektriese punt. Daar is ‘n Westerse styl leefarea met eet-area en ‘n mexikaanse-styl vuurherd. ‘n Heerlike koue ontbyt is ingesluit by die verblyf. Vegetariërs is baie welkom – ons bied ook die lekkerste groentegeregte, slaaie en vrugte.
Vir ontspanning kan gaste gerus kom afkoel in die 17m Morokaanse-styl swembad.

AKTIWITEITE & FASILITEITE
Aktiwiteite Kuier lapa
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite 17m Morokaanse-styl swembad.
Fasiliteite Privaat ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kragpunt
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
KONTAK
Kontak persoon John(Grey Wolf) of Didi
Kontak nommer 084 578 8664
Kontak nommer 071 284 3701
Epos tipis.africa@gmail.com

KAART

map