Tietiesbaai
Provinsie: Wes Kaap
Naaste Dorp: Paternoster Weskus
TIPE KAMPTERREIN: Langs die see
TIPE VERBLYF: Karavaan & Tente
BEREIKBAARHEID: Grondpad
KAMP STAANPLEKKE : 60
TIPE GRONDBEDEKKING: Gras /Sand
ELEKTRISITEIT BY KAMPPLEKKE: Nee
AKTIWITEITE: Bergfiets roetes Hengel/Visvang
Kontak nr. (0)22 752-2718
Conrad Bruyns Ons het n dag (21 Des) daar gaan loer hoekom almal so gaande is oor die plek. Dit was propvol en het gelyk of die mense soos sardiens teen mekaar kamp. Ek hou van kamp maar nee dit het nie vir my soos pret gelyk om daar te kamp as dit so vol en besig is nie.
Karin Terblanche Ons kinders was Maart 2016 beroof daar en behalwe vir hierdie insident het ons baie klagtes oorals gelees en gehoor dat ons nou te bang is om weer te gaan. Ons was gereelde kampers by Tietiesbaai. Dit is so pragtig daar, dis n jammerte dat ons nie meer wil gaan nie.
Soreen Nel Gouws Ons vriende was daar van 10 Desember tot 8 Januarie en ons het hul elke naweek gejoin. Was heerlik soos altyd en is nie bewus van enige voorvalle van diefstal. Bly maar net ‘n lekker plek. Dink dis omdat ons so lekker soos sardiens teen mekaar staan dat daar nie so lekker rond beweeg plek vd diewe was nie!!
Frikkie O’Callaghan Het ook daar kamp soos elke jaar. Was baie lekker behalwe dat my bakkie se towbar ook gesteel was. Sal nog altyd teruggaan maar ek wag vir julle manne wat so kom inbraak maak!!!
Samantha Barnard Ons was daar vanaf die 14 Des tot en met 1 Jan, was baie lekker soos altyd.
Morne Dettmer Daar is glo nuwe sekeriteit daar. Geen klagtes gehoor oor die afgelope Des nie.
Lydia Gerber Ons was daar van 12 Des tot 7 Jan geen probleme ondervind nie stem 100 persent saam met Gert Harmse met wat hy gese het
TIETIESBAAI IS DIE BESTE
Christelle Jacobs Daar was wel diefstal die nag van 28 Des. Hul by n tent naby ons ingebreek.
Melissa Pienaar Gekamp vd 24/12 tot 3/1 geen klagtes lekker soos altyd
Riana Bester Was daar van 3 Des tot 3 Jan. Was baie lekker geen klagtes
Brian Bruintjies Ons was daar baie lekker tyd gehet
Hou so aan. Ronnie
Gert Harmse Ons daar gekamp van 10 Des tot 3 Jan. Geen probleme gehad of van enige inbrake gehoor. Waar daar probleme was was daar net stout kinders besig soos enige vakansieplek. Kinders moet stout wees maar nie vieslik nie. Sover ek verneem was een tent net met tamatiesous of so iets besmeer maar niks gesteel. Dit sê ons dat dit net ondeunighede slegs plaasgevind het. Ek dink die skelms het n duidelike verstaanbare boodskap voor die tyd gekry deur hul eie gemeenskap en koerant. Ons was gereed vir hulle en sal weer wees.
Toilette was laat in die oggende skoongemaak maar stout kinders het weereens gesorg dat badkamers vuil raak deur met nat lywe uit die storte te klim en rond te loop en dus water op vloere mors wat dan modder intrap asook stouterts met fietse in die storte. Toiletpapier was n probleem wat deur die kampers self begin was deurdat hulle die toilet rolle karavane toe neem en dus die werkers beskuldig van te min of geen toiletpapier.
Werkers het wel aan my gese dat slegs 10 rolle per dag vir die mans n 10 vir die vroue beplan was wat hopeloos te min is vir so baie mense. Bokse kondome was ook in die stoortjie onder die watertanks wat die kinders ontdek het en mee gespeel ,gemors en rondgegooi het. Wat die rede vir die kondome was weet ons nie maar dit was later verwyder op ons aandrang. Verder was daar geen waterprobleme nie en selfs toe die toilette verstop geraak het was dit dadelik opgelos. 100% verbetering van 2015 se probleme. Sekuriteit was verander by die hek en ek dink daar was die groot probleem opgelos alhoewel baie min sekuriteit op die kamp pek self was het die polisie hulself opsigtelik gemaak in die kampeerplek.
Slegs een verdagte wat n sekuriteits baadjie aangehad het met n sweetpakbroek was gou vasgetrap en verwyder. Hy het verdag rondgeloop maar geen kwaad gedoen. Ons het ons kamp weer terug.