5.0
08

Thota Lodge

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP:  Black Rock
STREEK: Kalahari
PROVINSIE:  Noord-Kaap
GPS:S 26.75180 E 22.53813
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: Op versoek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 10
Persone Per Staanplek
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Dam
Grondbedeking Geplaveide staanplekke /gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

swemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing Thota Lodge het heerlike oornag geriewe vir persone vanuit die noorde oppad na Botswana of Kgalagadi oorgrenspark. Kom span uit by ons privaat kampplek op ‘n werkende plaas in die Kalahari. By Thota Lodge kan jy kom rus en vrede ervaar in die natuur. Kampplek asook selfsorg eenheid het ablusie geriewe en warm water. Geen kragpunt. Hout word voorsien en water is skoon, soet en kom uit ‘n boorgat. Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting of besoek ons op fb vir die jongste nuus.
Aanwysings Vanaf Black Rock bly op die R380 na Macarthysrust vir 25 km. Draai links en ry 24 Km. Vind Thota Lodge op jou regter kant.

Vanaf Van Zylsrust ry in die Kuruman Rivier pad vir 79 Km. Draai links by Thota Lodge.

GPS gooi mens op ‘n 60km ompad. Skakel ons liewers direk vir aanwysings indien u onseker is. Vooraf bespreking is noodsaaklik. Slegs een groep op ‘n slag by die kampplek, sodoende verseker ons absolute privaatheid.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Staproetes
4×4 roete
Swem
Wildkyk
Bakkie ski
Ander Aktiwiteite Kleinwild: Gemsbokke, Springbokke, Blesbokke, Duiker, Steenbok, Vlakvark, Jakkals en Rooikatte.
Perderitte / Donkiekar ritte
Kgalagadi Transfrontier Park – 270km
The Eye, Kuruman – 130km
Moffat Mission, Kuruman – 128km
Hotazel (Samancor)
Black Rock ASSMANG (Manganese mine tours) – 50km
Kuruman – 130km
Upington – 300km
Kathu (Kumba Resources) – 113km (Iron ore mining)
Van Zylsrus – 70km
Botswana deur McCarthy’s Rest Grenspos
Raptor Route
Frylinckspan – 7km (duine vir 4×4 pret)


swem stap fietsry 4x4

FASILITEITE
Fasiliteite Privaat ablusiegeriewe
Donkie vir stook van water
Kraan by staanplek
Eie braai

braai kraanwater stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Navrae word direk aan die oord gestuur

SELFSORG
Tipe akkomodasie Duine Lodge
Selfsorg BED & ONTBYT
Die hoofstal beskik oor ‘n eksklusiewe B&B. Die rustige atmosfeer en persoonlike diens is uitsonderlik. Die kamers is toegerus met lugversorging en en-suite badkamers. Die tuin is ‘n klein oase in hierdie droë Kalahari-woestyn. Geniet ‘n heerlike skemerkelke op die stoep en geniet die pragtige sonsondergang.
Daar is veilige onderdak parkering.
Maaltye op versoek – bespreek asb.
Internet-fasiliteite beskikbaar (prys op aanvraag)

SELFSORG GASTEHUIS
Thota Lodge is ‘n eksklusiewe selfsorg gastehuis, wat tot 8 gaste kan akkommodeer. Hierdie rustieke gastehuis maak gebruik van gas en sonkrag. Thato Lodge is ideaal vir ‘n wegbreek naweek.
Die volgende word verskaf:
Verversings (koffie / tee) met aankoms by die lodge
Beddegoed en een handdoek
‘n Ten volle toegeruste kombuis, skottelgoedwasmiddel en afdroogdoek
Badkamer met stort (geniet die skouspelagtige uitsig terwyl jy stort)
‘n Vrag van hout (genoeg om ‘n vreugdevuur te bou)
Braaipakke (moet vooraf bespreek word)
Bespreek enige verdere benodighede wat u sou verlang ten minste ‘n week voor aankoms, asb.

Kontak persoon Marelise
Kontak nommer 0761053432
FB