The Growcery
5 5

The Growcery

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Springbok 140km
STREEK: Richtersveld
PROVINSIE: Noord-Kaap
GPS: -28.698041  17.49843
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R60 per privaat kampeer plek per nag
R120 per volwassene kampeerfooie
R60 per kind (6 – 15jr)
R0 per kind (onder 5jr)

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 9
Persone Per Staanplek
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – rivier
Swemplek Rivier
Grondbedeking Gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Nee

geen-honde visswemtent karavaan campervan

BESKRYWING
Beskrywing The Growcery Kamp is in Vioolsdrift aan die oewer van die magtige Oranjerivier geleë en bied ‘n rustige omgewing met ‘n eindelose uitsig oor die rivier en die omliggende rotsformasies in die Nababeep Bewarea. Kamp aan die oewer van die Oranjerivier, kook oor oop kampvure, hou ‘n piekniek terwyl jy die uitsigte oor die rivier geniet soos die son ondergaan, stap in die woestyn en verken die hemelruim soos jy net in die Richtersveld kan.

Die verblyf bestaan uit 10 Chic Shack-eenhede wat uit herwinde materiale gemaak word en in ‘n rugsakreisiger-styl gebou is. Daar is 3 kampeerplekke met plek vir 6 gaste en 7 kampeerplekke met plek vir 16 gaste. Elke kampeerplek het ‘n wasbak, braai-area en toegang tot gedeelde ablusiegeriewe.

Richtersveld Safaris bied ontbyt, middagete, aandete en piekniekmandjies op versoek, of gaste kan die groentetuin en winkel op die perseel besoek.

Dis die ideale plek om te ontspan na ‘n dag se ry, die beeldskone woestyngebied te verken of af te koel in die langste rivier in Suid-Afrika.

Aanwysings Aanwysings na The Growcery
Aan die Suid-Afrikaanse kant van die Vioolsdrift grenspos, draai daar ‘n grondpad na links wat lees “Kotzeshoop”. Ons kampterrein is 22km vanaf daardie afdraai, al langs die rivier af.
Volg die borde vir “The Growcery” en “Orange River Rafting”.

Aanwysings na Vioolsdrift
Vanaf Kaapstad: Volg die N7 na Springbok. Vandaar die N7 na Vioolsdrift. 670km.

Vanaf Upington: Neem die N14 tot by Springbok en van Springbok die N7 na Vioolsdrift.
Afstand is ongeveer 387km vanaf Upington na Springbok. Springbok tot by Vioolsdrift is ongeveer 115km.

Vanaf Johannesburg: Neem die N14 tot by Springbok (1274km) en dan vanaf Springbok the N7 tot by Vioolsdrift (115km).

Vanaf Durban: Neem die N3 tot by Bethlehem, vandaar die N5 en dan die N1 tot by Bloemfontein. Gaan dan voort na
Kimberly en Upington. Durban tot Upington is 1195 km. Van Upington tot Springbok is 387 km. Vanaf Springbok neem die N7 tot by Vioolsdrift, 115km.

Vanaf Bloemfontein: Neem die N8 tot by Kimberley. Vanaf Kimberly neem die R64 en dan die N10 tot by Upington (565 km).
Upington tot Springbok is 387 km. Vanaf Springbok neem die N7 Noord tot by Vioolsdrift – 115 km.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergklim
Hengel
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Oranje Rivier Roei Toere


vis swem stap

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Margaret Olivier
Kontak nommer +27 76 852 8633
Kontak nommer +27 27 761 8007
Epos margaret@thegrowcery.co.za
FB