The Baths

The Baths

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Citrusdal (18km)
STREEK: Olifantsriviervallei / Citrusdal
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: S 32.73923 E 19.03636
OMGEWING:  Rivier
TARIEWE VANAF: KLIK HIER 

Rates-2019

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Oorsig
Kamp Staanplekke 25
Persone Per Staanplek Onbekend
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Warmwater swembad
Kouewater swembad
Rivier
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde swemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak honde teerpad

BESKRYWING
Beskrywing The Baths is ‘n rusige oord met ‘n bosveld atmosfeer en is geleë op ‘n sitrusplaas in die Citrusdal omgewing. Hierdie oord is slegs 2 uur se ry vanaf Kaapstad en ‘n uur se ry na Lambertsbaai.

Daar is sowat 20 kampplekke met grondbedekking en genoeg skaduwee. Die 3 nabygeleë ablusiegeriewe is netjies en word daagliks gediens.

Die warmwaterbronne (natural hot springs) is sowat 43 grade Celsius en is ‘n groot aantrekkingskrag na The Baths. Daar is ook ‘n winkel en gelisensieerde restaurant op die perseel – die restaurant bied heerlike etes. Jy is welkom om tennis en potspel by die oord te speel of om die attraksies van die Sederberg omgewing te geniet.

Vir gaste wat nie lus is vir kamp nie, is daar ‘n verskeidenheid selfsorg eenhede om van te kies. Die selfsorg eenhede bestaan uit 15 chalets en 18 selfsorg woonstelle.

Hierdie oord is nooit oorvol nie, maar is baie gewild – maak dus vroegtydig jou bespreking. The Baths bied beslis waarde vir geld!

Aanwysings Vanaf Kaapstad: Neem die N7. Ry 180 km. Neem die afrit na Citrusdal. Na sowat 1km draai jy regs en ry vir 16km tot by die ingang van die oord. Daar is duidelike aanwysings langs die teerpad tot by die oord.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Warmwater swembad
Koue swembad
Rotspoele en Spa baddens
Boesman tekeninge
Pool tafel
Tennisbane (bring jou eie rakket saam)


swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Gemeenskaplike kombuis
Winkel
Ander Fasiliteite Restaurant met dameskroeg

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 022 – 921 8026/7
Kontak nommer 022 – 921 8032
Epos reservations3@thebaths.co.za
Video

SELFSORG

VICTORIAANSE GEBOU
Selfsorgeenhede: 33
Tipe akkomodasie Kothuise
Ander
Selfsorg VICTORIAANSE GEBOU
Hierdie elegante Victoriaanse gebou is in 1903 deur James McGregor gebou en is geleë op die boonste terasse van die oord. Die gebou bestaan uit 6 tenvolle toegeruste selfsorg eenhede wat slaapplek bied vir 2 tot 4 gaste elk. Elke eenheid het sy eie braaigeriewe. Beddegoed word verskaf. Bring jou eie swemhanddoek en braairooster.


DWARSGEBOU

DWARSGEBOU
Hierdie Kaap Hollandse gebou is in 1914 gebou en bied 6 dupleks eenhede. Die eenhede is tenvolle toegerus vir selfsorg en bied slaapplek vir 4 tot 6 persone. Op die onderste vlak is die oopplan leefarea / kombuis, sowel as die hoofslaapkamer met ‘n dubbelbed. Die boonste vlak het ‘n badkamer en ‘n slaapsaal-tipe slaapkamer met 2 of 4 enkelbeddens. Elke eenheid het sy eie braaiarea. Beddegoed word verskaf. Bring jou eie swemhanddoek en braairooster. Hierdie gebou het ‘n sentrale kuierarea met ‘n braaiplek en pooltafel. Agter die gebou is ‘n groen strook met warmwater rotspoele en ‘n gemeenskaplike braaiarea.

OLSEN GEBOU

OLSEN GEBOU
Ses stylvole selfsorg eenhede is luuks ingerig en beskik oor hul eie privaat spa-bad. Die eenhede het word voorsien van beddegoed, ‘n mikrogolf, jetmaster, lugreeling en ‘n onderdak braaiarea. Die wittebrood suite is die mees luukse eenheid en bied ‘n ruim leef-en ontspanningsarea, kombuis en ‘n koning-grootte bed. Die pragtige badkamer bied ‘n spa-bad wat voorsien word deur warmwater vanaf die natuurlike hulpbron, ‘n in-loop stort met ‘n skylight. Beddegoed word voorsien. Bring jou eie swembhanddoek.

CHALETS IN DIE KLOOF

CHALETS IN DIE KLOOF
8 Tenvolle toegeruste selfsorg eenhede, elkeen met sy eie jetmaster en braai areas. Hierdie eenhede bied akkomodasie vir onder andere 2, 4 of 6 gaste elk. Beddegoed word voorsien. Bring jou eie swemhanddoek. Die 6 slaapplek eenheid is toegerus met ‘n lugreeling.

CHALETS BUITE DIE KLOOF

CHALETS BUITE DIE KLOOF
8 Tenvolle toegeruste selfsorg eenhede teen die hang van die berg (pragtigste uitsigte). Hierdie eenhede het almal lugreëling, ‘n braai area, ‘n beskutte stoep en ‘n privaat buitebad met warmwater. Beddegoed word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke.