Taleni-Africa
8 5

ta_sossusoasis_logoDie Sossus Oasis Kampterrein bied individuele kampplekke, elkeen met sy eie geplaveide skadu-afdak (eie ablusie met toilet, wasbak, stort met warm en koue water, braaiplek, opwasgeriewe en elektrisiteit). Daar is genoeg spasie aan beide kante van die skadu-afdak vir jou karavaan/tent en voertuig. Kom geniet die pragtige uitsigte vanaf jou geplaveide stoep of kom koel af in die heerlike swembad (in die middel van die kampplek geleë). Daar is ‘n skadu-afdak langs die swembad vir koelte.

Die 12 luukse kampplekke is in ‘n halfmaan gegroepeer om privaatheid te verseker. Die kampplekke is geleë by die ingangshek na Sesriem en Sossusvlei. Hierdie area is welbekend vir die groot rooi duine van die Namib Woestyn en die merkwaardige dieptes van die Sesriem Canyon. Kom geniet die wonderlike bekoring van die Namib Woestyn, die pragtige sterreprag en die veraf huil van die jakkals in die verte.

Die Sossus Oasis Kampterrein bied ook ‘n dienssentrum, werkswinkel vir bande, winkel en internet café beskikbaar by die nabygeleë Sossus Oasis Service Station.

Etes en aktiwiteite kan by die nabygeleë Sussusvlei Lodge bespreek word.

Sesriem is geleë op die kruising van die C27 pad vanaf Helmeringhausen en die D826 (die D826 bring die verkeer in vanaf Solitaire in die noorde en Maltahöhe in die suide wanneer dit aansluit by die C19). Die ingangshek na Sossus Oasis is aan die linkerkant van die D826 pad, sowat 13 km vanaf die T-aansluiting met die C19.

MEER

SVL_Activities_VleiExcursionta_sossusvleilodge_logo

Sossusvlei Lodge is in die Suide van Namibië in die hartjie van die Namib Woestyn geleë. Die lodge is by die ingangshek van die welbekende Sossusvlei en Sesriem Canyon in die Namib Nauklauft Park geleë.

Die superior akkommodasie eenhede beskik elk oor ‘n stoepie, moderne badkamer en ‘n ruim lugversorgde kamer. Daar is 3 standaard familie eenhede wat bestaan uit twee kamers en verbind is deur ‘n sluitbare toegangsdeur tussen die twee privaat badkamers. ‘n Luukse Suite bied ‘n romantiese toevlug met ‘n ruim slaapkamer, leefarea, groot badkamer asook ‘n patio met klein swembadjie en asemrowende uitsigte oor die woestyn vlaktes.

Die geriewe sluit die volgende in:
By die buitelug restaurant kan bekroonde kers-lig buffet etes geniet word met ‘n uitsig oor die verligte watergat wat deur verskeie diere besoek word.

Na ‘n dag van avontuur in die woestyn kan daar afgekoel word in die verfrissende swembad of geniet ‘n yskoue drankie in die lugversorgde kroeg of aangrensende biertuin in die koelte van ‘n groot Kameeldoringboom. Geniet asemrowende sonsondergange met ‘n skemerkelkie in die hand vanaf die nuwe dek bo-op die kroeg.

Verskeie aktiwiteite om die natuurskoon van die Namib te ervaar word ook aangebied.

MEER

DESERT-QUIVER-CAMP-1ta_desertquivercamp_logoDesert Quiver Camp bied uitstekende moderne Selfsorg Akkomodasie aan die rantjie van die Namib Woestyn. Die kamp is slegs sowat 5km vanaf die ingang na Sossusvlei. Die pragtige omgewing en asemrowende uitsigte maak ‘n besoek aan Desert Quiver Camp beslis die moeite werd!Elk van die 24 unieke selfsorg eenhede beskik oor ruim slaapkamers, en-suite badkamers, onderdak patio areas en privaat parkering. Die kamers beskik ook oor ‘n slaapbank wat 2 kinders (jonger as 12 jaar) kan akkomodeer. Die badkamer is en-suite. Handdoeke, beddegoed en ekstra komberse word voorsien. Die stoeparea het braaigeriewe, ‘n toegeruste klein kombuisie met yskassie, 2 plaat stoof en ‘n houtbank vir sitplek.

Twee van die eenhede is ingerig vir rolstoelgebruikers en is naby die hoofgebou geleë. Daar is geen trappe in die eenheid nie, die storte is groter as die norm en die badkamers het handreëlings.

Fassiliteite by die hoofgebou sluit in ‘n toegeruste kroeg met ‘n groot skerm TV, ‘n pragtige swembad en 2 gemeenskaplike boma-areas.
Maaltye kan by die nabygeleë Sossusvlei Lodge restaurant genuttig word.
‘n Tenvolle toegeruste winkel, Internet café en ‘n vulstasie is beskikbaar by Sossus Oasis Diensstasie.

MEER

ta_desertcamp_logo

Desert Camp bied pragtige selfsorg akkomodasie, slegs sowat

Beste Selfsorg Akkommodasie in ongeëwenaarde woestynprag…

Geleë slegs 5km vanaf die ingangshek na Sossusvlei en 5 km van Sesriem af. Desert Camp skuil tussen eeue-oue doringbome en bied ‘n onoortreflike uitsig oor die woestyn en omliggende bergreekse.

Die lugversorgde selfsorg eenhede beskik elk oor ‘n badkamer met stort, ‘n ekstra slaapbank vir kinders, ‘n stoep met klein kombuisie en ‘n braaiplek.

Fasiliteite sluit in ‘n kroeg met televisie, swembad en 2 boma-areas wat ideaal is vir groepe wat saam reis. Vars kosprodukte kan daagliks by ontvangs bestel word.

MEER

ta_etoshavillage_logoEtosha Village is geleë slegs 2km vanaf die Okaukuejo ingangshek na die Etosha Nasionale Park.

Die 40 gerieflike eenhede by Etohsa Village beskik elk oor ‘n stoepie, badkamer met stort en ‘n ruim lugversorgde kamer wat ‘n ekstra slaapbank vir kinders het.

Geriewe op die perseel sluit in 2 swembaddens, ‘n kinder-swembad, ‘n unieke kroeg, winkel asook ‘n restaurant area waar ons bekroonde etes geniet kan word.

Heerlike buffet etes kan by die restaurant geniet word. Ander fasiliteite sluit in ‘n oopplan kroeg met ‘n televisie, swembaddens asook ‘n winkeltjie.

Verskeie aktiwiteite word aangebied soos interessante staproetes op ons reservaat, skemerkelkritte, sterrekyksessies, asook begeleide wildbesigtiginingsritte na Etosha.

Die Etosha Village-span staan gereed om jou te verwelkom!

EVCS_BathroomsEtosha Village Kampplek

Die ekslusiewe Etosha Village Kampplek is geleë in die inheemse Mopaniewoud wat die Etosha Nasionale Park omring.

Die vier individuele kampeerterriene het elkeen kragpunte, lopende water, ligte en ‘n braai. Die gedeelde ablusiegeriewe word goed onderhou en beskik oor genoeg storte, toilette en wasbakke.

Etohsa Village het ook groepstaanpllekke vir mense wat saam toer.

Binne loopafstand van jou staanplek is ‘n oopplankroeg, winkeltjie en swembaddens asook ‘n restaurant waar jy kan weglê aan heerlike buffet etes.

Op die staproetes in die reservaat kan jy ‘n klomp kleinwild sien. Jy kan ook ‘n sterrekyksessie bywoon en op ‘n skemerkelkrit of ‘n begeleide wildbesigtigingsrit gaan.

MEER

ta_hotelzumkaiser_logoPerfectly positioned in the picturesque Swakopmund, the luxurious Hotel Zum Kaiser, offers direct access to the beach and the town’s vibrant street life, quaint architecture, shopping and fine dining.

Being walking distance from the beachfront and City Centre, makes this the ideal haven for those that enjoy being independent explorers on foot. You have easy access to the famous Tug and Jetty Restaurants, the Aquarium, craft markets and shopping outlets.

The tastefully decorated hotel offers a combination of Court Yard Suites, Front Facing Suites and 3 Family Rooms with inter-leading doors. Each of the Front Facing Suites is equipped with a private balcony to enjoy splendid views of the historic town and partial views of the nearby Atlantic seaboard.

Enjoy delectable cuisine at the on-site Bistro Zum Kaiser and sip sun-downers whilst experiencing the spectacular sunsets over the Atlantic from the hotel’s idyllic Roof Top Terrace.

Uniquely combining modern furnishings with a touch of classic elegance the Hotel Zum Kaiser creates a truly authentic and intimate ambiance; Perfect for those more at ease in small, personal establishments.

MEER