5.0
07

Syringa Sands

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Thabazimbi 45 km; Vaalwater 45km en Modimolle 90km
STREEK: Waterberg
PROVINSIE: Limpopo
GPS: S24 29’11.04” – E027 48’ 48.05”
OMGEWING: Dam, Bosveld, Wildplaas
TARIEWE VANAF: R250 per paartjie per nag; R75 pn vir addisionele kampers

Camping

Kampplek & Selfsorg Beskrywing

BESKRYWING

Syringa Sands

Syringa Sands Boskamp lê op die wal van ‘n groot dam in Syringa Sands wat ‘n privaat wildreservaat in die malaria-vrye Waterberge van Limpopo is. Dié kamp bied pragtige uitsigte oor die Sewe Susters-bergreeks en die dam. Hiér sal jy asemrowende sonsondergange beleef en jy kan ook lekker gaan voël- en wildkyk. Daar is 2 staproetes en ‘n dam waar ‘n mens kan gaan vis vang. Gaan swem gerus of vaar met ‘n boot op die dam. Bring jou bergfietse saam en verken die grondpaaie wat oor 25 km strek. By Syringa Sands kan jy ongelukkig nie self ry of vierwielmotorfiets ry nie want ons wys graag self vir jou hoe dié omgewing lyk.

Daar is slegs 1 kampplek op dié 1000 ha-plaas wat geskik is vir 8 kampeerders (4 tente of 4 voertuie). Jy bespreek die hele kampplek en julle sal ekslusiewe gebruik van al die geriewe hê. Die netjiese grasdak-ablusiegeriewe het ‘n toilet, 1 stort met ‘n gas-geiser en ‘n opwasarea. Gaste kan die groot grasdak-lapa met die eetkamerstel en die braai-area gebruik. Onthou asb. om  drinkwater saam te bring aangesien water vir die ablusiegeriewe van die dam af gepomp word. Geen kragpunte is beskikbaar nie.

OORSIG
Kamp Staanplekke 1
Persone Per Staanplek 8
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Ja – dam
Swemplek Dam
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

Syringa Sands is ‘n privaat wildplaas in ‘n natuurlike en rustige omgewing. Daar is sowat 45km grondpad na die wildplaas. Die pad is eerder geskik vir hoë klaring sedan voertuig – veral wanneer dit reën.

visswemtent karavaan honde

SELFSORG

Syringa Sands Selfsorg Kothuis (4 persone)

Syringa Sands Weeksdae: R750 per paartjie per nag; R200 per nag vir addisionele persone (maks 6)
Naweke: R900 per paartjie per nag; R225 per nag vir addisionele persone (maks 6)

Die selfsorg eenheid is privaat geleë in die boomryke gebied. Kudu’s en bosbokke stap gereeld in die oggende by die eenheid. Daar is 2 kamers van dieselfde grootte, elkeen met ‘n koningin grootte bed en ‘n enkelbed. Die beddens het almal katoen beddegoed en handdoeke word oook voorsien. Die oopplam leefarea/kombuis het ‘n lekker groot vuurherd vir ‘n romantiese koue winteraand. Daar is ook 2 dagbeddens in die leefarea om voorsiening te maak vir ekstra gaste of vir ‘n welkome middagslapie. Die kombuis is goed toegerus met ‘n dubbeldeur uskas/vrieskas, skottelgoedwasser, gasstoof, koffiemaker, wasmasjien en mikrogolf (geen oond). Die badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet. Daar is onderdak parkering aan die agterkant van die kothuis. Die kuierstoep is ideaal om lekker te ontspan en sluit aan by die groot braai area.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Hengel
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Besoek Marakele Nasionale Park (40 km na die ingangshek)
Fasiliteite Eie braai


vis swings swem stap

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next