Soutpoort
Soutpoort se kampplekke het die mooiste uitsig oor die karoo natuurskoon. Elke kamp staanplek by Soutpoort is heeltemal afgesonder van die ander. Elke “huisie” beskik oor ‘n stort, wasbak, toilet en opwas wasbak aan die buitekant. Ons het nie elektrisiteit nie, maar kan jou voorsien van warm water. Jy het ook jou eie private swembad waarin jy kan afkoel as die hitte te veel raak. Kom geniet die ongelooflikste natuurskoon wat jy net in die Karoo kan kry.
Privaat ablusie geriewe met groot afdak vir skaduwee.
R400 per staanplek per nag (tot net met 4 persone) en R90 vir elke persoon ekstra.
Aanwysings na Soutpoort Vanaf Loxton, ry met die R63 pad na Carnarvon vir ongeveer 14.6km (oor ‘n geel brug en ‘n groot populierboom aan jou linkerkant) en kry die eerste silwer hek aan jou linkerkant.
Vanaf Carnarvon, ry met die R63 pad na Loxton vir ongeveer 45km (groot ry padbome vir aftrekplek aan jou linkerkant is ongeveer 800m van die hek) en kry die silwer hek aan jou regterkant