Glanskamp Beskrywing
Sea Shack is n eko-vriendelike selfsorg lodge.
Vir die wat nie elke aand wil kook nie, is daar n restaurant baie naby in die reservaat gelee. Paternoster is ongeveer 4km weg waar n verskeidenheid van restaurante is. Pragtige staproetes en asemberowende sonsondergange reg op die Atlantiese oseaan. “Kampeer” of eerder ‘glamping” by Sea Shack Cape Columbine – jy kan nie beter kry nie!
Die A-raam chalets vir paartjies of enkel persone, het n uitsig op die Atlantiese oseaan waar walvisse, pikkewyne en robbe baljaar.
Pryse wissel van R550 – R950 per eenheid.
Daar is ook n spesiale familie eenheid vir die met klein kindertjies.
‘n Ten volle toegeruste gemeenskaplike kombuis en binneshuis eet area met n patio en groot gemeenskaplike vuurput vir die braai entoesiaste.
Aparte ablusie eenhede het eko-toilette, storte en wasbakkies met spieels vir jou gerief.
Skoon, vars beddegoed op soliede Queen of enkel beddens is in die eenhede, elk met hul eie klein dek en trappies.
Aanwysings: Die kamp is in die Columbine Natuur Reservaat en feitlik op die water gelee ongeveer 4km van die pragtige dorpie Paternoster.