Rivierplaas Kamp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Worcester (25km)
STREEK:Breederiviervallei
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: S 33.774083 E 19.521267
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R290

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 33
Persone Per Staanplek: 8
Troeteldiervriendelik: Ja
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Gedeeltelik
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja

vis grondpad swem honde campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Rivierplaas  Kamp

Rivierplaas Kamp is ‘n privaat kamp op ‘n werkende plaas langs die Breërivier, ongeveer 25 km buite Worcester. Die staanplekke het meestal gras. Die Witstinkhoutkamp het ‘n area sonder gras, maar baie skaduwee onder die bome.
Hierdie is ‘n diere-vriendelike Kampterrein. Die Kampterrein bied groot oop grasperke vir die kinders om op te speel. Kom geniet die diep swemarea en die foefie slide (Flying Fox). Daar is warmwater storte (gestook met ‘n donkie) en spoeltoilette. Daar is nie elektrisiteit by die kamp nie, maar daar is wel ligte in die badkamers. Die winkeltjie verkoop basiese kamp benodighede. Geen musiek word toegelaat nie asb. Rivierplaas Kamp bied ‘n pragtige rusplek waar jyjouself in die natuur kan verlustig. Kom geniet jou volgende vakansie by Rivierplaas.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa:  Nee
Grootskerm TV:  Nee
4×4 Roete: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja

watersport vuurmaak visvang swings stap off-road fietsry boot

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers:Nee
Donkie vir stook van water: Ja
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja

vullis-blik toilette stortbad restaurant kraanwater  braai

BESPREKINGS
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon JB van Eeden
Kontak nommer 084 7100 139

info@rivierplaas.co.za

Wat sê Henry
Rivierplaas

Moeilik om te glo die kaalkop (plus draadjies nog daarby) knaap wat ek 9 jaar gelede by die Kreeffees in Lambertsbaai ontmoet het, het vroeër die week 30 geword. Vandat ek Paul (Parma) daai Saterdag by die fees ontmoet het, het dinge net spoed begin optel. As die eerste 9 jaar so was, is ek […]

Read More

KAART