Riverside Vakansieoord
Riverside Vakansieoord is geleë op die walle van die Klein Brak rivier, slegs 6km vanaf die Indiese Oseaan en die Klein Brak Strand. Daar is 75 staanplekke beskikbaar, almal met gras en genoegsame skaduwee sowel as elektrisiteit. Die ablusiegeriewe word baie netjies gehou en daar is ook ‘n opwasarea waar jy jou skottelgoed of wasgoed kan doen. Die rivier is sowat 20km begaanbaar met volop vis. Kampeerders wat graag visvang, bootry of kano ry geniet dit omtrent om by hierdie oord te kom kamp. Daar is ook baie voëllewe wat bydra tot die rustigheid van die omgewing.
Die nabygeleë Klein Brak Strand is veilig en daar is nie ‘n oormaat mense wat na die strand stroom nie. Die strand is veral gewild vir visvang vanaf die strand en rotse en om walvisse te besigtig in die wintermaande. Mosselbaai is slegs 18km vanaf die oord en is ‘n baie gewilde toeriste bestemming en veral gewild vir branderplankry en diepsee hengel. Riverside is die ideale basis om te kamp en om daarvandaan die omliggende Tuintoete en die Klein Karoo te verken. Botlierskop Wildreservaat is slegs 5 km vanaf Riverside Vakansieoord en bied wildbesigtigingstoere.
Selfsorgeenhede: 6
Tipe akkomodasie Kothuise
6 Luukse selfsorg chalets – tenvolle toegerus en geleë naby die rivier.