Rivers End Farm
TIPE AKKOMMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Stanford 7km
STREEK: Overberg
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: S34.430759 E19.386812
OMGEWING: Plaas, Rivier
TARIEWE VANAF: BOOK NOW
Kampplek Beskrywing
Kamp Staanplekke | 18 |
Persone Per Staanplek | NVT |
Troeteldiervriendelik | Ja |
Visvang | Ja – rivier |
Swemplek | Rivier See |
Grondbedekking | Grond/sand |
Skaduwee | Gedeeltelik |
Toeganklikheid | Grondpad Slegs 4×4 |
Selfoon Ontvangs | Ja |
Rivers End Farm
Rivers End Farm is op die oewer van die Kleinrivier strandmeer in ‘n voel bewarea net 7km vanaf Stanford. Die plaas grens aan die Walker Bay Natuur reservaat en die paadjies deur die reservaat neem jou binne 8 km tot by lieflike strande, duine en ‘n vissermans paradys. Die onderskeie kampplekke in nuut geskep en het uitsig oor die vleiland, fynbos,en of bergreekse, lagoon en see afhangend van wat jou keuse is. Ablusie geriewe beskikbaar naby aan vleiland area ongerepte kampe moet gaste asb selfversorgend wees. Reenval is nie baie konsekwent regdeur die jaar nie dus kan die vleiland verander na ‘n opgedroogde pan wat gaste dan te voet kan verken. Kano’s en Wind Buggy is te huur. Strand uitstappies kan ook gereel word. Gaste is baie welkom om bergfietse en voetslaanskoene saam te bring om die roetes op die plaas deur ongerepte fynbos te gaan verken en die lieflike omgewing te geniet.
Aanwysings Vanaf Kaapstad lughawe na Rivers End Farm
Verlaat die lughawe via die Lughawepad in Borcherds Quarry Road/Bellville se rigting;
– Neem die oprit op Borcherds Quarry Road/M22 na die M18/Nyanga/M10/Bellville en ry 290 m;
– Hou regs by die vurk om in Borcherds Quarry Road/M22 te bly vir 58 m;
– Draai regs op Borcherds Quarry Road/M22 in Nyanga se rigting en ry 1,2 km;
– Gebruik die linkerbaan om by Setlaarsweg/N2 aan te sluit via die oprit na Somerset-Wes en ry 550 m;
– Sluit by Setlaarsweg/N2 aan in Somerset-Wes/Caledon se rigting en ry 93,8 km;
– Draai regs in Hoopstraat/R316 in Caledon se rigting en ry 1,7 km op die R316;
– Volg Chavonnes-weg in Bredasdorp se rigting vir 350 m;
– Volg die R316 in Caledon se rigting vir 27,2 km;
– Draai regs op die R326 in Stanford se rigting en ry 23,2 km;
– Volg die pad tot in Queen Victoria-straat in Gansbaai se rigting vir 35 m;
– Draai links in Daneelstraat en ry 450 m;
– Volg De Bruynstraat vir 750 m;
– Draai links in Wortelgatweg, ‘n grondpad, en ry 6,4 km;
– Draai regs en ry 500 m na Rivers End Farm.
Koördinate:
GPS: 34°25’38.0″S 19°23’22.2″E
Padkaart: -34.427226, 19.389489
Aktiwiteite & Fasiliteite
4×4 roete
Hengel
Staproetes
See uitstappies en Wind Buggy op panne
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Navrae word direk aan die oord gestuur
Tariewe is onderhewig aan verandering
Kontak persoon | Johannes van Niekerk |
Kontak nommer | 0825503702 |
Epos | johannesfruits@gmail.com |
Webblad | riversendfarmstanford.com |
TARIEWE | BOOK NOW |
Notas | Ons is nog besig om kamp geriewe te ontwikkel op die plaas – dus is daar nog nie oral ablusie geriewe beskikbaar nie slegs by vleiland area aan een kant van die plaas |
Selfsorg Verblyf is beskikbaar in ‘n luukse selfsorg-houtkothuis en ‘n klassieke kampeerwa.
Die kothuis is op stelte gebou en is geskik vir 4 volwassenes en 4 kinders. Dit werk met hernubare energie en boorgatwater. Die kothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Linne en handdoeke word voorsien. Die oopplan-kombuis is met ‘n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ‘n toonbank en ‘n etenstafel waar gaste hul etes kan geniet. Die sitarea het ‘n TV met sekere DStv-kanale en lei na ‘n dek met ‘n uitsig oor die omgewing. Dié eenheid het ‘n mooi uitsig oor die vleiland, op die bergreekse en oor fynbos.
Die klassieke kampeerwa het ‘n slaaparea, kombuisie en ‘n badkamer. Die slaaparea het ‘n dubbelbed en ‘n slaapbank vir ‘n kind. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Dié mobiele tuiste is sonkrag-aangedrewe. Die kombuis is met ‘n mikrogolf, yskas, gasstoof, gas-oond, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus.