Rinkhalskop Safari Lodge Inibos Luxury Bush Camp

Rinkhalskop Safari Lodge Inibos Luxury Bush Camp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Marble Hall
PROVINSIE: Limpopo
OMGEWING: Bosveld
TARIEWE VANAF: R450/staanplek 4 persone

Camping

Spesiale aanbieding vanaf November 2018 tot begin Januarie 2019 slegs R1200 vir 3 nagte. Vir meer as 3 nagte R400 per nag ekstra vir 2 tot 4 persone. Daar is 4 privaat badkamers vir R150.00 per nag ekstra. Met u aankoms ontvang ‘n  gratis bondeltjie hout. Daar sal ook ‘n gelukkige trekking wees waar iemand ‘n rooibok kan wen as kersgeskenk.

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 30
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Grond/sand
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

geen-honde visswemtent karavaan campervan

BESKRYWING
Beskrywing Rinkhalskop Safari Lodge & Inibos Luxury Bush Camp is in ‘n natuurreservaat aan die voet van die Rinkhalskop berge geleë en word omring deur beeldskone natuurskoon met ‘n verskeidenheid van bome, grasse, voëls en wild. Dit is slegs sowat 2 uur se ry vanaf Pretoria. Kom ontspan in die natuur terwyl jy heerlik ontspan in die Afrika bosveld. Daar is 30 kampplekke, elkeen met sy eie unieke uitsig. Elke staanplek het ‘n geboude braai, waterpunt en 15A elektrisiteit. Die ablusies is pragtig en word goed instand gehou. Daar is ook 3 privaat ablusies (met eie sleutel) vir kampers wat van hul eie privaatheid hou.

Kom geniet ‘n vroeg oggend rit om die wild te besigtig. Daar is kameelperde, nyalas, blou wildebeeste, gemsbokke, impalas, elande, vlakvarke, kudu’s en vele meer wild om te besigtig. Sekere wild soos die impalas and nyalas wei rustig in die kampterrein terwyl jy kamp. Gaste is ook welkom om in die park te stap om die volop voëllewe te besigtig.

Daar is baie vir oud en jonk om te doen. Kom geniet die heerlike swembad terwyl die bosveld sonnetjie heerlik bak. Daar is ook netjiese tuine waar jy kan gaan stap. Die park het ook ‘n winkel en ‘n gemeenskaplike kroegarea met ‘n pooltafel en tv wat uitkyk oor die swembad area. Verder is gaste welkom om te gaan stap, fiets te ry, wild te kyk en net rustig te kamp in die pragtige natuurskoon.

Die lodge bied ook 17 en-suite lodge kamers met ‘n gemeenskaplike kombuis en eetkamer as ‘n selfsorg opsie aan besoekers.

Aanwysings Vanaf Marble Hall neem die Elandslaagte pad, ongeveer 20km vanaf die dorp is die afdraai na Rinkhalskop Safari Lodge op regterkant.
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Kuier lapa
Staproetes
Swem
Wildkyk
Selfsorgeenhede: 17
Tipe akkomodasie Lodge


swem stap

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Privaat ablusiegeriewe
Familie badkamers
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Karavaan kragpunt
Eie braai
Konferensie
Gemeenskaplike kombuis
Winkel

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Deon Pretorius
Kontak nommer 0614345323
Kontak nommer 0100018925
Epos inibos@rinkhalskopsafarilodge.co.za
FB