Oude Kloof Kampterrein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Prins Albert
STREEK: Sentraal Karoo
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: S 33.233717 E 22.090467
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R100 tot R200

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 2
Persone Per Staanplek: 10
Troeteldiervriendelik: Met reelings
Visvang: Nee
Swemplek:  Geen
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid: Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja

grondpad honde selfsorg campervan karavaan tentselfoon-ontvangs

BESKRYWING

Beskrywing
Oude Kloof Kampterrein is geleë in die Prins Albert Wildpark op ‘n werkende vrugteplaas. Die plaashuis is omring deur appelkoos- en pruimbome. Ons is 7 km oos van Prins Albert met die Swartberge in die agtergrond. Rustigheid en vrede is aan die orde van die dag. Gaste kan die omgewing ontdek en beleef oral op die 3 500 ha. plaas. Kamp: Insluitend ablusiegeriewe, stort met warm en koue water, kragpunte, braaigeriewe. Opsies: Kamp met jou eie gereedskap (Kamp 2-10) of met Ou Kloof s’n (tent, beddegoed, tafel, en stoele)(Kamp 1).

Aanwysings
Oude Kloof is sowat 6.4 km Oos vanaf Prins Albert.
In Kerkstraat, die hoofstraat van Prins Albert, draai jy in Pastorie straat (oorkant die NG Kerk) en ry vir 2.9km. Draai regs in die wildpark by die bruin bord “OUDEKLOOF GUESTHOUSE & CAMPING”. Die pad sal kronkel na die Cordiers rivier. Net voor Cordiers rivier is daar ‘n vurk in die pad, draai regs by die bord “OUDEKLOOF GUESTHOUSE & CAMPING. Ry in die rigting van die berge. Die pad draai langs die berg weg van die dorp af. Jy sal ‘n volgende vurk in die pad kry, draai links by die bord “OUDEKLOOF GUESTHOUSE & CAMPING. Jy ry deur die Cordiers rivier. Die plaashuis is sowat 600m verder.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Nee
Grootskerm TV: Nee
4×4 Roete: Ja
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
AktiwiteiteSterrekyk, Kano’s te huur
Plaas-gimnasium. Potspel & veerpyltjie fasiliteite
Safari deur die bergfietsroetes met jou eie voertuig
Op Aanvraag: Piekniek/Wildroete – mandjie gevul met plaaslike produkte

wilde-diere vuurmaak swings stap restaurant off-road fietsry boot boat-launch bergklim

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja

vullis-blik toilette stortbad kraanwater  braai krag

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Selfsorg Beskrywing

Gastehuis

Selfsorg
Gastehuis: Geskik vir tien gaste. Die plaasopstal dateer uit 1889 en spog steeds met ‘n werkende oorspronklike Bolinder-houtstoof, dik mure en die ouwêreldse solder. Daar is ‘n volledig toegeruste kombuis, moderne stoof, yskas, broodrooster en braaigeriewe binne en buite beskikbaar.
Die kamers is soos volg ingerig:
* Vier slaapkamers met dubbelbeddens
* Een daarvan het ‘n en-suite badkamer
* Een slaapkamer, twee enkelbeddens met stortkamer.
* Handdoeke, linne en komberse word voorsien